Ananias bly vuurwarm
Ananias bly vuurwarm

Ananias bly vuurwarm

Paralimpiese Spele
Andrew Poolman
Ananias Shikongo het gister naby aan die wêreldrekord gedraai toe hy sy semifinaal van die T11 mans 200 meter by die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro gewen het.
Die Namibiër se wentyd van 22.48 sekondes is inderdaad ’n nuwe Paralimpiese Spele-rekord en is net ’n fraks stadiger as die wêreldrekord van 22.41 wat deur die Amerikaner David Brown gehou word.
Shikongo se finaal in die 200 is vandag omstreeks 22:21 Namibiese tyd. Hy het reeds met ’n bronsmedalje in die 100 meter sy merk gemaak.
• Johanna Benson sal intussen sonder ’n medalje terugkeer, nadat sy vier jaar gelede in Londen ’n goud en ’n silwer ingepalm het.
Haar laaste item was gister se verspring, waarin sy net met ’n beste poging van 3.61 meter vorendag kon kom. Dit het haar in die sesde plek laat eindig.
Ongelukkig vir haar is vanjaar in die T37-klas geen 200 meter aangebied nie – waarin sy die verdedigende Paralimpiese kampioen was. Sy kon vandeesweek in die 100 en 400 meter nie hond haaraf maak nie.
• Die kragopteller Ruben Soroseb het in sy gewigsklas van 107 kg vir mans ook in die negende plek klaargemaak. Dit was nadat hy met sy bankstoot van 190 kilogram geslaag, maar nie op 200 kg kon regkom nie.

Kommentaar

Republikein 2025-04-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer