Anargiste in aanhouding oor bomontploffings
Italië
Italiaanse polisie sê hulle het gister vyf anargiste in hegtenis geneem wat daarvan verdink word dat hulle op 1 Januarie vanjaar ‘n bom buite ‘n verregse boekwinkel in Florence laat ontplof het.
Hulle word van poging tot manslag aangekla.
Die bom is met ‘n tydskakelaar laat ontplof toe ‘n plofstofdeskundige na die toestel onderweg was. Hy het ‘n hand en ’n oog verloor.
Drie ander anargiste is in hegtenis geneem vir ‘n beweerde brandbomaanval op polisiebarakke in ‘n voorstad van Florence, het die polisie gesê. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie