ANC: Beleidsindaba in ’n neutedop
Die ANC se beleidskonferensie, wat tot môre by Nasrec in die suide van Johannesburg gehou word, het reeds gesorg vir ’n paar vuurwarm onderwerpe.
Hier is die belangrikste kwessies wat sover bespreek is:
1. Die verdoemende diagnostiese verslag oor die probleme in die ANC. Dit sluit in die Nkandla-sage, die Guptas en staatskaping. Die ANC ontken die frase “wit monopolistiese kapitaal” is ’n skepping van die Britse skakelmaatskappy Bell Pottinger en beweer dit is al sedert 1912 deel van sy woordeskat.
2. Die onteiening van grond sonder vergoeding.
3. Die voorstel dat die ANC die wyse waarop hy sy leiers verkies, drasties verander.
4. Pres. Jacob Zuma se aanval op die party se veterane. Hy het van die party se vryheidstrydhelde Vrydag in sy openingsrede as “sogenaamde veterane” beskryf.
5. Die oproepe tot eenheid en ’n openbare beeld van eenheid wat uitgestraal word terwyl die verskillende faksies mekaar in die onderskeie kommissies spreekwoordelik aan die keel gryp.
6. Die ANC streef daarna om op hierdie konferensie sy integriteitskomitee meer mag te gee om op te tree teen enigiemand wat die party in oneer bring.
Ook goed om te weet:
7. Beleidsbesluite wat hier geneem word, sal in Desember op die ANC se nasionale konferensie (waarskynlik ook by Nasrec) bespreek word.
8. Sowat 4 500 afgevaardigdes oor die hele Suid-Afrika woon die konferensie by.
9. Die afgevaardigdes is in elf kommissies opgedeel wat oor ’n verskeidenheid sake beraadslaag. Warm debatte word hier verwag.
10. Die leierskapsverkiesing vind eers in Desember plaas.
11. Dié vergaderings word agter geslote deure gehou. Dit beteken die media mag dit nie bywoon en daaroor rapporteer nie. Die media, wat nie met afgevaardigdes mag praat nie, word op mediakonferensies deur die ANC ingelig oor wat op dié vergaderings gebeur het. Senior ANC-lede en ministers staan ook onderhoude toe wanneer hulle in die mediagebied is.
12. Pres. Zuma lewer Woensdag die afsluitingstoespraak. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie