'ANC se hele NUK korrup'
'ANC se hele NUK korrup'

'ANC se hele NUK korrup'

'n Kaapstadse ANC-aktivis sê almal in die nasionale uitvoerende komitee is bang vir pres. Jacob Zuma omdat hul eie korrupsie onthul kan word.
Andile Lili, die Kaapstadse ANC-aktivis en ontlas­tinggooier, het die ANC se hele nasionale uitvoerende komitee (NUK) die naweek as korrup bestempel.

“Die rede waarom die NUK altyd verantwoordelikheid aanvaar . . . is omdat hulle almal bang is. As hulle aanhou vinger wys na pres. Jacob Zuma, kan hulle in die moeilikheid beland omdat hul eie korrupsie in die regering onthul kan word,” het Lili, 'n lid van die ANC se Wes-Kaapse provinsiale uitvoerende komitee, Saterdag gesê.

“Wat betref die krisis waarin ons is, kan ons die vinger dus nie (net) na een individu met die naam kameraad Jacob Zuma wys nie.”

Lili het gepraat op 'n byeenkoms by die Langa-sportkompleks waar wyk 52 van die ANC Mathews Phosa as president van die ANC benoem het. Amptelike benoemings open eers in Junie.

Lili het gesê die Suid-­Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en die vakverbond Cosatu is skynheilig omdat hulle Zuma nou skielik kritiseer.

“Kamerade, in 2012 wou ons die ANC red. Die SAKP het Zuma verdedig, hulle het korrupsie verdedig.

“In 2012 wou ons gehad het dat Kgalema Motlanthe die ANC se leisels oorneem. Hulle – die SAKP en Cosatu, hulle almal – het geweier. Hulle het Zuma ondersteun.”

Lili het die Guptas ook geblameer­ vir die huidige ANC-bestuur.

“Die Guptas het daardie (ANC-leiers-)konferensie in Mangaung geborg. Vandag noem ons hulle die leierskorps gegrond op die Guptas,” het Lili aan 'n juigende gehoor gesê.

In sy toespraak het Phosa gesê hy ondersteun Lili se stappe om ontlasting in 2013 op die Kaapstadse Lughawe te gooi. Dit was uit protes teen gebrekkige dienslewering.

“Ek het Andile fyn dopgehou, en die dag dat hulle lughawe toe is, het ek vir hom 'n SMS gestuur wat sê: 'Ek salueer jou,' ” het Phosa gesê.

Phosa sê hy stem saam met Lili dat die ANC-leierskorps van hul mense steel.

“Kameraad Andile wil hê al die mense (in die ANC-leierskorps) wat hierby betrokke is, moet tronk toe gaan. Ek stem saam met hom,” het Phosa gesê.

“Hulle steel nie net van ons nie, hulle steel saam met hul kinders.”

- News24/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!