ANC se meerderheid krimp
Die regerende African National Congress (ANC) het teen vyfuur vanmiddag met 50% van die stemme reeds getel, voorgeloop met 56,77% in Suid-Afrika se nasionale verkiesing. Dit is 11 436 921 stemme.
Die Demokratiese Alliansie (DA) het 22,60%, of 4 091 584 van die stemme, verower.
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het 6,35% van die stemme – of 1 169 259 – ingepalm.
In Gauteng loop die ANC in daardie stadium voor met 54,54% en die DA se stemme het 23,38% van die getelde totaal stemme gekry.
In die Wes-Kaap loop die DA voor met 51,82%, terwyl die ANC 31,63% van die stemme gekry het.
Foto: Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie