ANC staan by besluit oor Internasionale Strafhof
Suid-Afrika het vroeër vanjaar aangevoer dat Omar Al-Basjir onder meer as staatshoof diplomatieke immuniteit geniet het en dat dit een van die redes is waarom hy nie destyds hier in hegtenis geneem is nie.
Die ANC se nasionale beleidskonferensie hou voet by stuk dat Suid-Afrika aan die Internasionale Strafhof moet onttrek.
Afgevaardiges by die konferensie in Nasrec, Johannesburg, het ook die regering aangemoedig om aan te hou om alle wetlike prosesse te volg om daardie onttrekking moontlik te maak.
Miriam Seohatse, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, het Dinsdagaand hierdie en ander beleidsvoorstelle van die konferensie se kommissie oor internasionale betrekkinge op 'n mediakonferensie bekend gemaak.
Die aankondiging kom 'n dag voor die strafhof gister 'n bevel sou maak oor of Suid-Afrika verkeerd was toe hy nie in Junie 2015 vir pres. Omar al-Basjir van Soedan in hegtenis geneem het toe hy in die land was vir 'n Afrika-unie-beraad nie.
Suid-Afrika is 'n lid van die Verdrag van Rome en was daarom verplig om Al-Basjir in hegtenis te neem.
Die strafhof het reeds twee lasbriewe vir Al-Basjir se inhegtenisneming uitgereik.
Daar is tien aanklagte teen hom wat volksmoord, oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in die weste van die Darfoerstreek in Soedan insluit.
Suid-Afrika het vroeër vanjaar voor die strafhof aangevoer dat Al-Basjir onder meer as staatshoof diplomatieke immuniteit geniet het en dat dit een van die redes is waarom hy nie destyds hier in hegtenis geneem is nie.
Die strafhof kan Suid-Afrika by die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad verkla as dit gister teen die land sou bevind.
Volgens Seohatse het die kommissie die land se besluit om aan die strafhof te onttrek egter herbevestig.
“Dit was reeds 'n resolusie wat in 2012 by die (ANC se) Mangaung-konferensie geneem is dat ons aan die strafhof moet onttrek.”
Volgens Seohatse het die kommissie ook die stigting van die Afrika-hof vir Menseregte, wat die Internasionale Strafhof se rol in Afrika moet vervang, aangemoedig.
Seohatse het ook gesê die ANC is bewus dat die strafhof gister 'n besluit oor Suid-Afrika se lot oor die hantering van die Al-Basjir-sage sou neem.
“ANC-afgevaardigdes en die kommissie is egter steeds daartoe verbind dat Suid-Afrika aan die strafhof moet onttrek. Daar is ook besluit dat die regering moet aanhou om alle wetlike prosesse te gebruik om só die onttrekking moontlik te maak,” het Seohatse gesê. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie