ANC, vennote gaan stoei met Tito-plan
ANC, vennote gaan stoei met Tito-plan

ANC, vennote gaan stoei met Tito-plan

Mboweni se plan was 'n twispunt tussen Cosatu en die SAKP.
Bonolo Selebano



Die ANC en sy alliansievennote gaan worstel met moeilike besluite rondom die tesourie se ekonomiese herstel- en groeiplan.

Min. Tito Mboweni se plan is deur die ANC se nasionale uitvoerende komitee verwys na 'n vergadering van die politieke alliansieraad, bestaande uit die ANC, die SAKP, Cosatu en Sanco.

Die ANC het die naweek in Benoni aan die Oos-Rand byeengekom om die stand van plaaslike regering, die ekonomie en Mboweni se ekonomiese herstelplan te bespreek.

Sy plan sluit 'n voorstel in dat Eskom sekere van sy steenkool-gedrewe aanlegte verkoop om sowat R450 miljard in te vorder.

'n Bron wat op die vergadering was, sê alhoewel Mboweni se plan verder bespreek gaan word tussen die ANC en sy alliansievennote, het pres. Cyril Ramaphosa aan NUK-lede gesê die pad van ekonomiese herstel moet insluit dat werkgeleenthede behoue bly.

Mboweni se plan was 'n twispunt tussen Cosatu en die SAKP in aanloop tot die naweek se vergadering met die SAKP wat ontevrede is daarmee.

Daar is ongelukkigheid uitgespreek dat die tesourie nie gesprek gevoer het met belanghebbendes oor sy planne nie.

In die plan wat deur Mboweni aan die NUK voorgelê is, word gewaar­ksu dat staatsbeheerde instellings soos Eskom 'n “reuse-risiko” inhou vir ekonomiese groei.

“Staatsbeheerde instellings hou 'n enorme risiko in vir ekonomiese stabiliteit en fiskale volhoubaarheid. Eskom se totale skuldlas is gelyk aan 9% van die bruto binnelandse produk – dieselfde grootte as mynbou en landbou (sektore) saamgevoeg.”

E-tol, nasionale gesondheidsversekering en die padongelukkefonds plaas die fiskus ook onder druk, het Mboweni gesê.

Oor die toekoms van Eskom, het 'n bron gesê om 'n aandelevennoot vir Eskom se nuwe transmissie-arm te vind sonder om privatisering te oorweeg, was 'n opsie wat voorgelê is.

Om 'n vennoot te kry sal moeilik wees oor Eskom se skuldlas, sê hy.

“Die SAKP het gevra vir alliansiebetrokkenheid en ons het die besluit verwelkom dat daar verder gesprek sal plaasvind by die politieke raad van die alliansievennote.”

Sizwe Pamla, woordvoerder van Cosatu, sê wat Eskom betref, praat Mboweni “van die opveil van steenkoolaanlegte, dit is problematies. Eers­tens, wie sal dit koop en wat sal die voorwaardes wees? Privatisering van Eskom op lang termyn is 'n groot probleem”.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!