ANC veroordeel aanvalle in Zim, Ethiopië
Mnangagwa: Verkiesing gaan voort
Sarel van der Walt - Die ANC het Sondagoggend die bomaanvalle in Bulawayo, Zimbabwe, en Addis Abeba, Ethiopië, in “die sterkste taal moontlik” veroordeel.
Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe het Saterdag in Bulawayo ten nouer nood aan die dood ontkom toe ’n ploftoestel by ’n byeenkoms van Zanu-PF in die White City-stadion ontplof het.
Adjunkpresidente Kembo Mohadi en Constantino Chiwenga tel onder die 42 mense wat in die aanval beseer is. Van die beseerdes het ledemate in die aanval verloor.
Drie van die mense se toestand is ernstig, berig die BBC.
Mohadi het beenbeserings opgedoen, terwyl Chiwenga ligte beserings aan die kop opgedoen het.
Sy vrou, Mary, is ook lig beseer en in die hospitaal opgeneem.
Oppah Muchinguri Kashiri, voorsitter van Zanu-PF, tel ook onder die beseerdes.
Ethiopië
In Addis Abeba is minstens een mens dood en agt ernstig beseer in ’n ontploffing by ’n byeenkoms wat ook deur dr. Abij Ahmed, Ethiopië se nuwe premier, bygewoon is.
Die ANC beskryf albei aanvalle in ’n verklaring as “barbaars” en sê net lafaards voer sulke aanvalle uit.
Die doel met die aanvalle was volgens die party pogings om Zimbabwe en Ethiopië te destabiliseer, verdeeldheid te saai en onsekerheid teweeg te bring.
Die Zimbabwiese uitsaaikorporasie (ZBC) het die voorval in Bulawayo as ’n “sluipmoordpoging” beskryf.
Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. Die Zimbabwiese polisie en veiligheidsdienste se ondersoek duur voort.
Die 75-jarige Mnangagwa, wat sê hy was enkele sentimeters weg van die ontploffing, het van die beseerdes later in die hospitaal besoek.
Hy sê hy is gewoond aan sluipmoordpogings soos dié ene, maar dit “was nie my tyd nie”.
Mnangagwa het die aanval as sinneloos beskryf en ’n beroep op eenheid in die land gedoen.
Die toestel het ontplof terwyl die Zimbabwiese president en sy gevolg die verhoog verlaat het ná sy toespraak.
Mense het ná die ontploffing in alle rigtings begin hardloop en Mnangagwa se konvooi het die stadion in volle vaart verlaat.
Die byeenkoms is gehou as deel van Zanu-PF se verkiesingsveldtog voor die algemene verkiesing op 30 Julie. Dit sal die eerste verkiesing wees sedert oudpres. Robert Mugabe in November verlede jaar uit die kussings gelug is.
Die Ethiopiese polisie het luidens ’n berig van Reuters die adjunkkommissaris van dié land se polisiekommissie en agt ander mense in verband met die ontploffing in Addis Abeba in hegtenis geneem weens “gebreke in die veiligheidsmaatreëls”.
ALGEMENE VERKIESING
Die BBC berig dat pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe sê die algemene verkiesing in die land gaan voort ondanks die poging op sy lewe Saterdag. Nelson Chamisa, leier van die opposisie, het ook die aanval veroordeel en gesê enige geweld is onaanvaarbaar. –Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie