ANC wil SAL behou
Bonolo Selebano – Die ANC wil hê die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) moet ondanks voortslepende bedryfsuitdagings behoue bly.
Dié besluit van die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) is Woensdag in Johannesburg bekend gemaak. Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het ná die NUK se vergadering in Pretoria aan die media gesê ingryping by die lugdiens is nodig.
“Die vergadering het beklemtoon dat die SAL as ’n nasionale lugdiens behou moet word. Dit sal aansienlike herstrukturering verg, en die kabinet moet die nodige bedryfsbesluite neem,” sê Magashule.
Die lugdiens het Maandag bykans 20 binnelandse en internasionale vlugte gekanselleer. Die SAL is verlede maand in sakeredding geplaas en wag nog op die regering om R2 miljard te bewillig om sy finansiële verpligtinge na te kom.
Die NUK het ook besluit dat die regering SAL se knellende en sogenaamde immergroen kontrakte moet hersien.
Meer volg later. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie