ANC wil u2018vlieu00eb u00e9n tiereu2019 van korrupsie pak
ANC wil u2018vlieu00eb u00e9n tiereu2019 van korrupsie pak

ANC wil ‘vlieë én tiere’ van korrupsie pak

Die transformasie van die plaaslike ekonomie en die nasionalisering van die Reserwebank is onder meer op die ANC se wenslysie.
Marietjie Gericke – Gwede Mantashe, nasionale ANC-voorsitter, het Saterdag in Bloemfontein met die bekendstelling van die ANC se verkiesingsmanifes gesê staatskaping het nie in sy tyd as sekretaris-generaal (SG) begin nie.

Dit is egter in daardie tyd “gediagnoseer” en daar moes gekeer word dat die “kameraadkultuur” nie ’n mafiastaat veroorsaak nie. Daar moes met ’n skoonmaakproses begin word. Hy sê hy glo dat die Zondo-kommissie oor staatskaping nog die ANC gaan skoon was.

Mantashe het met ’n grys broek en grasgroen ANC-T-hemp opgedaag, waarop die gesig van Cyril Ramaphosa breed op sy boepie geglimlag het.

Die groep Sunrise het “Nkosi Sikelel’ iAfrika” met sy Afrikaanse “Uit die blou van onse hemel”-deel verrassend mooi by die verrigtinge gesing. ’n Verbyrit van spoggerige motorfietse, ’n optrede van ’n blaasensemble en koorsang was ook deel van die program.

ANC-maarskalke het ’n meter lange ANC-verjaardagkoek met “107 years” daarop geskryf en vonkelwyn gebring.

ANC-grootkoppe soos Sam Mashinini, Vrystaatse ANC-voorsitter, Paseka Nompondo, provinsiale ANC-sekretaris, Sisi Ntombela, Vrystaatse premier, en Olly Mlamleli, burgemeester van die Mangaung-metro, het tussendeur danspassies op die verhoog uitgevoer. Die hooggeplaastes het ook aan piesangs, appels en Nick Nacks op die verhoog gesmul, terwyl Ntombela met haar pienk geverfde toonnaels sommer haar skoene uitgeskop het.

Makalo Mohale, ANC-jeugvoorsitter, het kom sê kiesers moet ligloop vir Mmusi Maimane. Mohale sê die DA-leier dink hy is die Messias en hy is volgens Mohale ’n conboy van Helen Zille en ’n handpop van wit mense.

Mohale sê ook die ANC veg steeds teen wit-monopolie-kapitaal.

“Die transformasie van die plaaslike ekonomie, onmiddellike toegang tot die nasionale gesondheidsversekering, die nasionalisering van die Reserwebank, die bekamping van misdaad en die transformering van die ekonomie” was op die ANC se wenslysie.

Mantashe het vir die sowat 20 000 kleurvolle kiesers in die Petrus (Rantlai) Molemela-stadion gesê die ANC moet korrupsie stopsit.

“Die party kan nie toelaat dat hy gesien word as ’n party wat individue toelaat om met groot korrupsie weg te kom nie.”

Mantashe, wat self onlangs moes erken dat die duur veiligheidstoerusting by sy drie huise van ’n Bosasa-hoë as geskenk gekom het, sê dit staan enigiemand vry om sy storie voor die Zondo-kommissie te gaan vertel, want die “vlieë en tiere” moet gevang word.

“Laaglêende vlieë word dalk in hegtenis geneem, maar die groot kanonne stap nog vry weg.”

Oor Eskom sê Mantashe dit staan Cosatu vry om met voorstelle na die regering te kom oor hoe Eskom gered kan word. Die kragreus wurg tans aan ’n astronomiese skuldlas van R450 miljard. Indien Cosatu téén die ontbondeling van Eskom in drie entiteite is, soos wat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het, moet hy sy voorstelle kom gee.

In die kort mediaonderhoude ná die tyd het ’n verslaggewer gevra of Ace Magashule, huidige sekretaris-generaal van die ANC, en ander politici nie ook voor die Zondo-kommissie moet gaan getuig nie, waarop Mantashe geantwoord het dat dit nie sy verantwoordelikheid is nie.

“Wetstoepassingsowerhede en nasionale vervolgingsowerhede doen die stappe soos en wanneer hulle dit nodig ag.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!