‘Dollar’ doen sy naam 135 000 keer gestand
'n SIMBRABUL met die naam "Dollar" het by die afgelope Windhoek Skou se grootveeveiling die dollars laat rol en die rekords laat spat toe 'n nuwe Namibiese en Suider-Afrikaanse rekordprys vir bulle in die ras opgestel is. Dollar, die pa van mnr. Hardus en me. Ansie Breedt van Rumbra Simbra's se Kampioen van Kampioene by vanjaar se skou, is Vrydag in die AgrajStandard Bank-ring vir N$135 000 van die hand gesit.
Die top bul is deur 'n Suid-Afrlkaanse Simbra-teler, mnr. Comelis Derksen van Derksen Trust by Viljoenskroon gekoop. Mnr. Derksen was een van die Suid-Afrlkaanse telers wat aan die Intemasionale Simbrakampioenskap deelgeneem het. Die prys het die vorige veilingsrekord wat sowat 'n maand gelede opgestel is toe mnr. Diethelm Metzger van die Kamab Simbra-stoet 'n bul vir N$124 000 verkoop het, met N$11 000 oortref. Volgens mnr. Pieter Hugo, senior bestuurder: lewendehawe-dienste by Agra, het diere van 'n uitstaande gehalte by vanjaar se veiling onder die hamer gekom. Luidens 'n verklaring is bulle van 'n hoe genetiese gehalte by die veiling aangebied.
Altesame 39 diere is Vrydag van die hand gesit. Simbras was met 'n gemiddelde prys van N$49 166 die ras wat die hoogste pryse behaal het, gevolg deur Simmentalers met N$29 600 en Braunvieh met N$29 250. Brahmaan-bulle het'n gemiddelde prys N$26 571 behaal, terwyl Sussex-bulle vir gemiddeld N$25 500 elk verkoop het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie