Ander opsies vir weggooibabas
Die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn wil babastorting dekriminaliseer.
Women's Solidarity Namibia (WSN) het 'n inisiatief deur die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn verwelkom om die kwessie van babastorting in die land te dekriminaliseer. Die direkteur van WSN, me. Rosa Namises, het dié stap as progressief beskryf en gesê dit verseker vroue en meisies van ander opsies.
Die organisasie, wat in 1989 gestig is, bewyer hom vir die regte van vroue en meisies in die land.
Oor die jare het WSN verskeie slagoffers van verkragting en huishoudelike geweld bygestaan en in 10 streke van die land onverpoos gewerk om gemeenskappe en ondersteuningsgroepe te bemagtig oor sleutelkwessies wat vroue, meisies en gemarginaliseerde groepe raak.
Die WSN het vanjaar die gesprek oor weggooibabas prioriteit gemaak weens die hoë voorkoms daarvan in die land.
Volgens Namises wil die organisasie bewusmaking en begrip bevorder om te verhoed dat jong meisies hul babas weggooi of verlaat.
Sy het voorts verwys na 'n nuwe advertensieveldtog wat deur die advertensieagentskap Advantage Y&R van stapel gestuur is. Die veldtog gebruik doodsberigte in koerante om die aandag te vestig op die hoë aantal “vergete babas wat weggegooi is”.
Die advertensie doen 'n beroep op ouers wat dit oorweeg om hul baba weg te gooi om eerder 'n hulplyn te skakel wat met alternatiewe opsies kan help.
Namises het gesê daar is 'n groot verskil tussen babastorting en babaverlating.
Babastorting verwys na ma's wat 'n kind jonger as 12 maande in 'n openbare of private plek weggooi met die doel om daarvan ontslae te raak.
Babaverlating verwys na die praktyk om alle belangstelling in en regte oor 'n kind op onwettige wyse te laat vaar met die doel om nooit weer voogdyskap oor die kind te aanvaar of te herstel nie.
“Vanjaar dink ons aan al die babas wat as gevolg van babastorting gesterf het. As 'n organisasie hoop ons om 'n begrip van die proses en die belangrikheid van selfsorg, asook die bewustheid van beskikbare alternatiewe te laat herleef,” het Namises gesê.
Sy het die hoop uitgespreek dat Namibiërs die kwessie ter harte sal neem en die geleentheid sal gebruik om die land se vroue en meisies te bemagtig en ook om 'n gesprek met mans en seuns te begin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie