Ander uitvoermarkte vir skaapvleis ondersoek
Ander uitvoermarkte vir skaapvleis ondersoek

Ander uitvoermarkte vir skaapvleis ondersoek

Ronelle Rademeyer
’n Ondersoek is tans aan die gang na die lewensvatbaarheid van alternatiewe internasionale uitvoermarkte vir lam- en skaapvleis, beide been-in sowel as ontbeen.

Die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) het saam met Hartlief ’n studie van stapel gestuur om te bepaal of internasionale waardekettings vir lam- en skaapvleis die potensiaal het om volhoubare voordele vir plaaslike abattoirs vir skaapuitvoer te bewerkstellig. Daar moet ook vasgestel word of dit outomaties deurset van primêre skaapprodusente binne ’n ongereguleerde mark sal lok.

Dié Namibië Landbou-unie (NLU) sê in sy jongste nuusbrief ’n verteenwoordigende bestuurskomitee, bestaande uit kleinveeprodusente, die LPO en Hartlief, is die taak opgelê om toe te sien dat dié studie gedoen word. Die koste word gedeel deur die LPO en Hartlief. Die konsultante wat aangestel is, is ’n markspesialis, ’n landbou-ekonoom en ’n ouditeur.

Daar word beoog om die eerste resultate met produsente in Oktober 2021 te deel.

Die studie sal nismarkte ondersoek vir nievetstert- en vetstertskaap. Spesifieke take van die studie is om te fokus op ondersoeke wat reeds in die verlede gedoen is, om ondersoek in te stel na internasionale markgeleenthede, asook die koste vanaf die abattoir na die mark, en wat die regulasies is om na dié mark uit te voer. ’n Beraming moet ook gedoen word van die operasionele koste van Farmers Meat Market Mariental teen verskillende slagkapasiteite, die berekening van prys by die abattoirdeur teen verskillende slagkapasiteite, asook prystendense van kompeteerders in die mark.

Die studie sal ook die lewensvatbaarheid van alternatiewe internasionale markte bepaal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!