Anderkant die venyn en onverdraagsaamheid
Anderkant die venyn en onverdraagsaamheid

Anderkant die venyn en onverdraagsaamheid

Dani Booysen
STRYDER SKRYF:

Aan al my mede-vaccers en jab-genote, ons moet praat, ons moet reguit praat. Ons moet 'n massavergadering hou. Net vir vaccers en jab-bers.

Geen non-vaccer of anti-jabber mag toegelaat word nie. Ons gaan as vaccers met mekáár praat, seerkry-eerlik praat. Vrae vra. Onsself in die oë kyk, ook ons gesindhede en woorde bekyk.

Ons sê mos: "Dwing die jab af !" Ons skreeu: "Geen jab, geen werk! Geen jab, geen toegang, nêrens! Winkels, banke, hospitale, kerke, skole, universiteite, sportbyeenkomste, die lot! Wie nie wil hoor nie, moet voel!"

Vandag dra óns, die gehoorsames, die vaccers en die jabbers, mos die "papier", die sertifikaat wat ons oral vrye beweging bied. Dink mooi: Geen papier, geen werk, geen inkomste, geen dak oor die kop, geen pap op die tafel, geen pil vir die pyn, geen boek vir die brein.

Straf hulle? Al is hulle blakend gesond en Covid-vry, soos ons, of dalk selfs meer. Hulle enigste misdryf is dat hulle nie, soos ons, die papier dra nie.

Is hulle skuldig, onverantwoordelik, onnosel, 'n gevaar vir ons almal?

My liewe jab-genoot dink mooi: Die jab vrywaar ons nie van Covid of Omicron nie. Ons kan steeds aansteek en ook ander aansteek. Hulle sê ons sal net nie so ernstig siek word nie, die hospitaal vryspring (en selfs die dood - so sê iemand onlangs).

Die non-vaccers moet toegesluit word. Hulle moet tuisbly, maar die vaccers kan vrylik beweeg, self aansteek en ook ander aansteek? Wie is die veiligste ?

Die wat afgesonder en ingeperk word omdat hulle nie die "papier" het nie? Of ons daarmee? Ons wat selfs beloon word vir ons gehoorsaamheid en vrylik mag beweeg, al is ons ook blootgestel?

Wil ons eerlik wees, regtig éérlik? Dan moet ons erken dat net soveel stemme as wat opgaan ten gunste van die vaccines, net soveel daartéén opgaan.

En dis nie die stemme van waningeligtes, onkundiges, onnosele, breinlose dwase nie?

Erken tog maar niemand wéét meer nie? Dis 'n Babelse verwarring. Ons almal deel dieselfde lot.

Óns verwelkom die inspuiting (oor en oor en oor). Ander weier dit.

Jy kry Covid of jy spring dit vry.

Jy word gesond of jy word nié.

Jy steek ander aan of nié.

Die jab werk of dit werk nié.

My mede-vaccers, ek dink die jab is ons grootste vyand. Nie as medikasie nie, maar omdat ons dit teen mekáár gebruik. Dit hits ons teen mekaar aan, dryf ons uitmekaar. Dit brandmerk, stigmatiseer, verwerp, haat.

In tye van groter ellende en lyding in die verlede was daar empatie en simpatie met mekaar, nie hierdie vernyn, onverdraagsaamheid en wraakgierigheid nie. Die jab mag moontlik beskerming bied. Dit verwoes vir seker ook goeie verhoudinge en gesindhede.

Ons, liewe vaccers en jabbers, is nie noodwendig so oulik as wat ons reken nie.

As die skoen jou nie pas nie, moenie dat dit vir jou pyne veroorsaak nie.

As die skoen jou pas, doen iets aan die saak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!