André Compion weer mieliekoning
Jaarlikse instelling ''n groot sukses
Catherine Sasman – Groot getalle besoekers het vanjaar van heinde en verre na Grootfontein se Oesfees gereis wat op 16 Augustus op die Plaas Ghaub van mnr. André Compion plaasgevind het.
Compion is vir die tweede keer as oeskoning aangewys, te danke aan ’n opbrengs van 9,2 ton per hektaar droëlandmielies. In die tweede plek was me. Claudia Dohmen wat 7,3 ton per hektaar geoes het. Mnr. Bertus Coetze het die derde plek gevul, met ’n oes van 7,2 ton. Hierdie tonnemaat per hektaar verteenwoordig die opbrengs wat op die beste gedeelte van die plaas afgehaal is.
Die egpaar Casper en Jantie Oosthuizen het onderskeidelik in vierde en vyfde plek ’n oorkonde vir buitengewone diens aan die Namibiese Landbou-unie (NLU) ontvang.
Compion het sy suksesvolle opbrengs toegeskryf aan die “goeie grond en goeie reën” wat hy op sy plaas ontvang het. Hy skat hy het ’n gemiddelde jaarlikse reënval van 650 mm gehad.
“Ek het nog nooit enige vooropgestelde idees oor boerdery gehad nie. Vir my is dit ’n kwessie van lees en leer,” het Compion gesê.
Hy is ook vanjaar as die meesterakkerbouer aangewys.
Compion, wat die plaas in 2007 gekoop het, het in 2009 begin om mielies te plant. Hy het tans ’n permanente span werkers wat net grond vir nóg groter mielieplantery skoonmaak. Compion het reeds 500 hektaar mielielande geplant en is van plan om dit volgende jaar tot 650 hektaar uit te brei.
Hy is tans ook besig om landboutoerisme vir veral gaste van Europese lande te bedryf.
Mnr. Willem Enslen, voorsitter van die Grootfontein Boerevereniging, het gesê die opbrengs van tien plase is vanjaar beoordeel. Deelname aan die kompetisie is vrywillig en die vereniging hoop dat méér plase volgende jaar sal deelneem.
“Die doel van die Oesfees is om dankie te sê aan almal wat ons deur die jaar ondersteun het en dit dien ook as ’n geldinsamelingspoging,” het Enslen gesê.
Die Oesfees wat een van die grootste geleenthede vir Grootfontein se boere geword het, is in die vroeë 1980’s deur baanbrekers soos mnr. Jan Engelbrecht, mnr. Koos Brand en dr. Piet Basson begin.
Vanjaar se fees het afgeskop met fietsryers wat van Kombat deur die Tierkloofpas na die plaas Ghaub gery het. Later in die dag het motorfietse gery tot op die hoogste kruin van die Otavi-bergreeks wat op die plaas is. ’n Demonstrasie van boerdery-toerusting is deur die verskaffers van John Deere-implemente gehou.
Ander hoogtepunte tydens se vanjaar se fees was sjef Tiaan van die kykNet Kokkedore-faam se kookdemonstrasie en optredes van Sarah Theron, sowel as die Namibiese rockgroep Just Jack. Dr. Theo de Jager het ’n motiveringsrede gelewer en daar was ook ’n wynproegeleentheid en -uitstalling.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie