Android troef iOS wat betref lojaliteit
Android troef iOS wat betref lojaliteit

Android troef iOS wat betref lojaliteit

Die meeste slimfoongebruikers tog bly by ’n bedryfstelsel waarvan hulle hou.
Petrus Malherbe - Daar is twee soorte mense: Diegene wat Android-fone gebruik en diegene wat hoog en laag sweer iPhones is die beste.

Tog het die Amerikaanse navorsingsfirma CIRP in nuwe navorsing bevind dat Android-gebruikers meer waarskynlik lojaal aan Android sal bly as iOS-gebruikers aan iPhones.

Trouens, 91% van Android-gebruikers, volgens die navorsing wat in Amerika gedoen is, het aangedui dat hulle lojaal aan dié bedryfstelsel sal bly, kom wat wil, terwyl 86% van iOS-gebruikers dieselfde gesê het.

Dié data is ook gemeet teen die aantal slimfoongebruikers wat in 2017 ’n foon met dieselfde bedryfstelsel as hul ou foon gekies het toe hulle opgegradeer het.

Volgens Mike Levin, medestigter van CIRP, dui die resultate daarop dat die meeste slimfoongebruikers tog bly by ’n bedryfstelsel waarvan hulle hou.

“In hierdie stadium is daar net twee mobiele bedryfstelsels en dit wil voorkom asof gebruikers een gekies het, dit bemeester het en belê het in die apps en digitale stoorruimtes wat daarmee gepaardgaan,” sê Levin.

“Nou moet Apple en Google uitpluis hoe om produkte en dienste aan dié lojale gebruikersmark te verkoop.”

Die voordeel vir Android-aanhangers is natuurlik dat hulle in dieselfde bedryfstelsel kan bly, maar heelparty verskillende fone kan gebruik.

“Dit gee gebruikers die vryheid om nuwe goed te probeer sonder om hul belegging in apps, of die tyd wat hulle bestee het om die Android-omgewing te bemeester, ongedaan te maak,” skryf Sarah Perez van TechCrunch.

Die aantal mense wat van Android na iPhone oorskakel is egter meer as die aantal wat van iPhone na Android oorskakel, proporsioneel tot die aantal toestelle wat die betrokke bedryfstelsels gebruik.

“Android het ’n groter aantal gebruikers as iOS, en daarom is die absolute getal gebruikers wat van Android na iOS oorskakel, meer,” verduidelik Levin.

“As ’n mens na die syfers kyk, wil dit voorkom asof iOS meer vorige Android-gebruikers bykry as wat Android vorige iOS-gebruikers bykry.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!