Andy se vreesmasjien werk al 'n halfeeu
Ronelle Rademeyer
Die winkel en kafee Weyand's in die hoofstraat op Tsumeb is méér as net 'n winkel en 'n kafee.
Dit is 'n instelling wat nou verweef is met die geskiedenis van die dorp.
Die Weyands het die juweliersafdeling van die winkel in 1974 gekoop en dit stelselmatig uitgebrei tot veel meer.
Hier het die Tsumebbers later hulle musiek gekoop – destyds nog plate en kasette – video's uitgeneem, geskenke gekoop, foto's laat druk, in die kafee gekuier en veral, ja veral, hulle graveerwerk laat doen.
Eienaar Andy Weyand (58) vertel toe sy familie die winkel destyds gekoop het, het hulle 'n vreesmasjien (“milling machine”) uit die laat sestigerjare saam met dit bekom. “Ons het selfs nog die masjien se oorspronklike gebruikershandleiding,” sê hy.
Vir baie jare was dit die enigste masjien in die hele Noorde waarmee graveerwerk op juweliersware soos horlosies en ringe, trofees en bekers, gholfstukke, geskenke en aandenkings gedoen kon word.
Destyds het Weyand's ook al die medaljes gegraveer wat aan weermagtroepe oorhandig is wanneer hulle ná hulle diensplig en grensdiens uitgeklaar het, vertel Andy.
“Vroeër jare het ons nog diamantpunte vir die gravering gebruik, maar deesdae kos só 'n punt in die omgewing van N$2 500 en is dit nie meer lonend nie,” sê hy.
Andy, een van vier seuns, bestuur die familiewinkel saam met sy tweelingbroer, Martin, se vrou, Vera.
Hulle ander broer, Stephen, is 'n fotograaf en besit Stephen's Photo Lab op Grootfontein. Die vierde Weyand-broer, Fido – ook 'n winkelier – is die eienaar van Young One's op Swakopmund.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie