Angelina Jolie open Shiloh se toevlugsoord

Die bekende Hollywood-aktrise en haar ses kinders het weer in Namibië kom kuier.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die Hollywood-ster Angelina Jolie, haar ses kinders en twee adviseurs het Namibië van 21 tot 26 Junie besoek.

Die hoofdoel van Angelina se besoek was om die nuwe Shiloh Wildlewe-toevlugsoord te open wat na haar Namibies-gebore dogter, Shiloh Nouvel Jolie-Pitt (11), vernoem is.

Dié oord is deel van die bekende omgewingsbewaarders en TV-aanbieders, dr. Rudie en me. Marlice van Vuuren, se N/a'an ku sê-stigting.

Dit is in samewerking met die N/a'an ku sê-stigting, die Jolie-Pitt-stigting en die Namibiese regering gevestig.

Hier sal renosters, olifante en renosters wat slagoffers van wildstropery of mishandeling was, gerehabiliteer word.

Die nuwe reservaat is 8 000 hektaar groot en is tussen Ondekaremba en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geleë. Sy deure sal in Junie 2018 oopmaak.



HOTELLIER ARNAUD ZANNIER

“Ons het 'n jaar en 'n half gelede deur Angie kontak gemaak met die wêreldbekende hotelier Arnaud Zannier en hy is besig om 'n toplodge op die reservaat te bou,” het Rudie Dinsdag in 'n onderhoud met Republikein gesê.

“Daar is nog nie so 'n fasiliteit in Namibië nie,” het hy gesê.

Zannier het aan TTG Media gesê: “Namibië was so 'n ongelooflike ontdekking vir my. Ek was so beïndruk met die natuur en die feit dat jy heeltemal van die buitewêreld afgesny is.”

Nóg 'n rede waarom Angelina volgens Van Vuuren Namibië besoek het, was om Koningin Elizabeth van Brittanje se Queen's Commonwealth Canopy-projek vir Statebondlande deur die Jolie-Pitt-stigting in Namibië te vestig. Een van die doelwitte van die projek is om bewustheid oor inheemse bome te vestig met Buckingham-paleis wat Namibië, Papoea-Nieu-Guinee en Brittanje gekies het.



BESOEK AAN ­PRESIDENTSPAAR

Angelina het haar kuier afgesluit met 'n private besoek aan pres. Hage Geingob en me. Monica Geingos met Van Vuuren, Shiloh en haar ander dogter, Zahara, ook teenwoordig.

“Angelina en die presidentspaar het 'n goeie bespreking oor bewaring gehad en sy is baie beïndruk met hulle,” het Van Vuuren gesê.

'SHILOH 'n NAMIBIESE KIND'

Van Vuuren sê Shiloh het lekker saam met haar seuntjie Zacheo en sy maatjies buite

gespeel.

“Sy is 'n regte Namibiese kind en het gehelp om die leeus na ander kampe te skuif,” het sy gesê. Shiloh is op 27 Mei 2006 op Swakopmund gebore.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!