AngloGold Ashanti maak duik in sy skuld
AngloGold Ashanti maak duik in sy skuld

AngloGold Ashanti maak duik in sy skuld

Halfjaarresultate aangekondig
Gerine Hoff
Elvira Wood

AngloGold Ashanti het elke sent van die hoër goudprys in sy guns laat werk in die eerste ses maande van 2016.
Die goudmynmaatskappy het in die ses maande tot einde Junie sy kontant tot U$108 miljoen verdriedubbel. Sy skuld is met 32% tot U$2,1 miljard verminder.
Hy het Maandag sy halfjaarresultate tot einde Junie bekend gemaak.
“Ons gaan aanhou hard werk om ons bedryfs- en kosteprestasie asook die algehele buigbaarheid van ons balansstaat te verbeter, ongeag die stand van die goudprys,” sê Srinivasan Venkatakrishnan, uitvoerende hoof van Anglo­Gold, in ’n Sens-verklaring.
Die maatskappy fokus al die afgelope twee jaar op verskeie inisiatiewe om skuld te verminder deur van intern gegenereerde fondse gebruik te maak. Hy het van sy myne verkoop, ander gesluit en koste aansienlik verminder met ’n fokus op volhoubare verbeteringe aan kontantvloei en inkomste.
In Junie 2015 het die maatskappy U$3,1 miljard geskuld. Nou skuld hy ’n miljard minder. Dit het ook sy rente­betalings verminder. AngloGold het ook begin Augustus sy duurste skuld, die uitstaande U$503 miljoen vir ’n 8,5%-sewejaar-effek, afbetaal.
Die maatskappy het egter minder goud gelewer in die eerste helfte van 2016 teenoor ’n jaar vantevore.
Die 1,745 miljoen fynons teenoor die 1,878 miljoen fynons in 2015, kan deels toegeskryf word aan die uit­dagings by die Kibali-vennootskap­ en die beplande vermindering in produksie by die Tropicana, Geita en Obuasi myne.
Die maatskappy se Suid-Afrikaanse bedrywighede het 486 000 fynons van sy totale produksie teen ’n alles ingeslote koste (AIK) van U$958 per fynons gelewer. Dit is ’n 13%-verlaging­ teenoor die eerste ses maande van 2015.
Mponeng, die grootste van sy Suid-Afrikaanse myne, het ’n 25%-verbetering in produksie en ’n 28%­-verlaging in AIK getoon tot U$893 per fynons. Aangepaste wesensverdienste vir die tydperk is U$159 miljard (39c per aandeel) teenoor die U$61 miljoen of 15c per aandeel in 2015.
Die maatskappy het ’n netto wins aan aandeelhouers van U$52 miljoen gelewer teenoor ’n netto verlies van U$23 miljoen ’n jaar gelede.
AngloGold het Maandag in vroeë verhandeling op die JSE met 0,41% tot N$298,25 per aandeel gedaal.
– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!