AngloGold oorweeg notering oorsee
Die goudmaatskappy AngloGold oorweeg dit om sy aandele óf in Londen óf in Kanada te noteer.
Bronne wat kennis dra van die situasie sê dit kan daartoe lei dat die maatskappy sy Suid-Afrikaanse bedrywighede van die res van die maatskappy skei.
’n Finale besluit is nog nie gemaak nie, maar AngoGold het die besluit glo reeds intern en met sy adviseurs bespreek, sê die bronne. Hulle wou nie geïdentifiseer word nie omdat die gesprekke nog nie openbaar is nie.
AngloGold is tans op die Johannesburgse aandelebeurs genoteer en het depositobewyse wat in New York verhandel.
Die goudmaatskappy verkies ’n Londense notering, maar dit is onwaarskynlik dat dit voor 2020 gaan gebeur.
As deel van die plan oorweeg die maatskappy om sy Suid-Afrikaanse bedrywighede te verkoop voordat die notering geskuif word.
’n Woordvoerder van AngloGold wou nie kommentaar hieroor lewer nie.
Dit sal die jongste weergawe wees van ’n plan wat die maatskappy al jare lank oorweeg. In 2014 het die maatskappy egter baie teenkanting van sy beleggers gekry, insluitende die miljardêr-verskansingsfondsbestuurder John Paulson toe die plan nog ingesluit het om aandele vir $2 miljard te verkoop om sy skuld te verminder. Dit sal dié keer onwaarskynlik wees dat dit deel van die plan is omdat die maatskappy reeds sy skuld baie verminder het.
Die maatskappy, tans onder leiding van Kelvin Dushnisky wat van Barrick Gold afkomstig is, lyk baie anders as vier jaar gelede. AngloGold is nou meer van ’n internasionale maatskappy, met net sowat 13% van sy uitset wat van Suid-Afrika afkomstig is nadat hy van sy myne in die land verkoop het. In 2007 het produksie in Suid-Afrika 43% van sy bedrywighede verteenwoordig. Sy ander myne is in Australië, Argentinië en Ghana.
Die notering in Londen sal AngloGold blootstelling gee aan ’n groot poel beleggers met min opsies om in goudmaatskappye te belê.
Randgold Resources, wat Europa se grootste genoteerde goudmaatskappy is, word deur Barrick gekoop. Die toekoms van Acacia Mining wat in Londen genoteer is, is ook onseker. Dit sal Fresnillo agterlaat as die enigste groot en likiede goudmynmaatskappy wat in Europa genoteer is.
– Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie