Angola gaan Namibiu00eb se miljarde vroeu00ebr terugbetaal
Angola gaan Namibiu00eb se miljarde vroeu00ebr terugbetaal

Angola gaan Namibië se miljarde vroeër terugbetaal

Jo-Mare Duddy Booysen
Teen die einde van Junie 2018 behoort die Banco Nacional De Angola (BNA) ál sy uitstaande kwanza-skuld aan die Bank of Namibia (BoN) te vereffen het.
Die BNA skuld die BoN nog US$306 miljoen – meer as N$3,87 miljard teen vanoggend se wisselkoers.
Die BoN se adjunkdirekteur van korporatiewe kommunikasie, mnr. Kazembire Zemburuka, het dié jongste verwikkelinge aan Nampa bevestig.
Die totale skuld van sowat US$390 miljoen spruit uit Junie 2015 toe ‘n omskakelingsooreenkoms tussen die twee geldeenhede van krag geword het. Dit het byna onmiddellik tot ‘n massiewe uitvloei van kwanza uit die buurland gelei en druk op Angola se buitelandse reserwes geplaas.
Die betalingskedule tussen die BoN en die BNA moes hersien word omdat die Angolese sentrale bank ná die ooreenkoms nie kon byhou met die maandelikse terugkoop van kwanza nie. - Eie berig en Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!