Angola huldig Lourenco as president in

Verskeie Afrikaleiers, waaronder pres. Hage Geingob, het Dinsdag die inhuldiging van Angola se nuwe staatshoof in Luanda bygewoon.
NAMPA
Pres. Jose Eduardo dos Santos se 38 jaar lange bewind in Angola het Dinsdag finaal ten einde geloop toe sy uitgesoekte opvolger, Joao Lourenco, as president tydens ‘n seremonie in Luanda ingehuldig is.

Lourenco het die ampseed gelees waarin hy belowe het om homself toe te wy aan die rol van president nadat hy verlede maand die verkiesing in die land gewen het.

Dos Santos, wat die seremonie bygewoon het, maar volgens berigte siek is, het in ‘n verrassende stap vroeër vanjaar aangekondig hy sal die tuig neerlê.

Die MPLA-regering is aan die stuur van sake in die land sedert Angola in 1975 onafhanklik van Portugal geword het. Dos Santos het in 1979 president geword.

Die MPLA het 61% van die stemme in die verkiesing op hom verenig - ‘n skerp afname in vergelyking met die vorige verkiesing in 2012. Dit terwyl die land ‘n ekonomiese krisis beleef wat deur die val van oliepryse meegebring is.

Die 63-jarige Lourenco was tot onlangs minister van verdediging in Angola. Tydens sy toespraak het hy onderneem om die land se armoede en die tekort aan werkgeleenthede die hoof te bied.

Hy het ook hulde aan sy voorganger gebring. Opposisiepartye het die inswering geboikot en sê daar was heelwat ongerymdhede met die verkiesing.

Dos Santos was Afrika se tweede langsdienendste staatshoof, met een maand minder as Ekwatoriaal-Guinee se Teodoro Obiang Nguema.

Nguema het die geleentheid bygewoon saam met pres. Paul Kagame van Rwanda, Demokratiese Republiek die Kongo se pres. Joseph Kabila, Suid-Afrika se pres. Jacob Zuma, pres. Hage Geingob van Namibië, asook ander Afrikaleiers. – Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!