Angola laat waarde van kwanza val
Angola het die waarde van sy geldeenheid, die kwanza, laat daal in ’n poging om dié land se ekonomie ’n hupstoot te gee.
Die land, ’n lid van die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande en Afrika se grootste uitvoerder van olie, sukkel sedert die ineenstorting van die olieprys in 2014.
Die kwanza het met 11% tot 187,95 teenoor die dollar gedaal en met 10% tot 221,75 teenoor die euro.
Angola se sentrale bank het vroeër die week gesê hy gaan toelaat dat die kwanza verswak. Die kwanza is sedert April 2016 vasgepen teenoor die dollar.
Angola het een van verskeie lande wêreldwyd geword wat hul geldeenhede vryer laat verhandel het of wat die waarde daarvan verlaag het. Ander sluit in Rusland, Kazakhstan en Nigerië. Daar word gehoop dat dit die tekort aan dollars sal verminder.
Pres. João Lourenço, wat José Eduardo dos Santos net drie maande gelede vervang het, probeer beleggings lok. Dos Santos het die land byna vier dekades lank aangevoer.
Lourenço, voorheen die minister van verdediging, het ’n ekonomie geërf wat swaar trek weens die daling in sy inkomste uit olie, wat byna ál Angola se uitvoer verteenwoordig, asook weens deurtastende korrupsie. Transparency International beskou Angola as een van die 20 mees korrupte lande ter wêreld.
Die kwanza het op die swartmark tot selfs 430 teenoor die dollar geval.
Ontleders voorspel dat die land die geldeenheid selfs verder sal laat daal, tensy die olieprys heelwat styg. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie