Angola privatiseer maatskappye
President João Lourenço wil staatsinmenging verminder.
Angola beplan om in die volgende paar jaar 74 staatsmaatskappye in hoofsaaklik die nywerheidsektor te privatiseer. Dié inligting word gegee in 'n prospektus wat aan beleggers gestuur is. Angola is Afrika se naasgrootste ruolieprodusent en loop die afgelope vier jaar deur weens 'n daling in die olieprys.
Pres. João Lourenço, wat in September tot dié amp verkies is, onderneem om staatsinmenging te verminder in die ekonomie, wat steeds sentraal beheer word ná jare van burgeroorlog en Sowjet-invloede sedert die land in 1975 onafhanklik van Portugal geword het.
“In die algemeen beplan die regering om al sy belange in dié maatskappye, waarvan die meeste in die nywerheidsektor bedryf word, te verkoop,” lui die prospektus, waarvan Reuters 'n afskrif gesien het. Die maatskappye word wel nie in die prospektus aangedui nie en ook nie hoeveel geld die verkoop daarvan kan inbring nie. 'n Regeringsbron sê by navraag Angola se hawens, die nasionale lugdiens, Taag, die BCI-bank en die versekeraar Ensa kan deels of heeltemal geprivatiseer word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie