Angola roof glo Nam se vis
Tuna moet tuisbedryf word, sê Amukwa.
Des Erasmus - Angola word van roofvangste op veral Namibië se marsbankerbron beskuldig.
Die Angolese bote steek glo snags die noordgrens van die Namibiese seegebied oor en verdwyn glo soggens met hul vragte gesteelde Namibiese vis.
Dié beskuldiging is Vrydag op Walvisbaai deur die voorsitter van die konfederasie van Namibiese visserye, mnr. Matti T. Amukwa, gemaak toe hy tydens die jaarlikse beleidsrede van die minister van visserye en marine hulpbronne, mnr. Bernard Esau, namens die bedryf opgetree het.
Hy het mnr. Esau geloof vir sy persoonlike betrokkenheid teen 'n fosfaatmynery op see.
Die lof is met applous deur 'n vol saal van verteenwoordigers van die visbedryf begroet.
In sy beleidstoespraak het mnr. Esau sy bootjie versigtig om die fosfaattwis gestuur, maar wel verwys na die moontlike uitwerking van seismiese opnames deur oliesoekers op die spesies groot pelagies soos tuna en verwante soorte soos swaardvis en halfkoord (albakoor).
Namibië haal nie die kwota wat jaarliks aan hom toegeken word nie, het mnr. Esau gesê.
Visserye en die ministerie van myne en energiesake is reeds met 'n studie besig oor die moontlike uitwerking van die seismiese opnames.
Toe hy na tuna verwys het, het Amukwa gesê die afgelope jare het die togte van skole tuna na Namibiese water nie meer plaasgevind nie en die omvang van die bron is feitlik niks.
Hy het die oliesoekery en die seismiese opnames die skuld daarvoor gegee.
Benewens die ondersoek deur die twee ministeries is die bedryf self ook met 'n ondersoek na die moontlike oorsake besig.
Tuna moet 'n tuisbedryf van Namibië word, het Amukwa gesê.
Toe hy oor die fosfaatmynery gepraat het, het Amukwa verwys na “obskure buitelandse lisensiehouers” met 'n klein minderheid plaaslike vennote.
samewerking
Namens die visbedryf het hy onderneem om alle samewerking te gee om 'n einde aan die beweerde Angolese visdiewery te maak.
Juis op die gebied van marsbankers is dit opvallend dat meer kleiner vissies gevang word.
Hy sê die bewegings van die indringerbote moet gemonitor word om die bron te beskerm.
Volgens sy inligting oorweeg van die vreemde booteienaars dit nou om onder die Namibiese vlag te vaar. Dit kan van marsbankers 'n groter bron van inkomste vir Namibië maak.
kwotas
In sy beleidsrede het mnr. Esau houers van visregte gewaarsku dat diegene wat nie in die bedryf wil belê nie of deelnemers binne die bedryf wil word nie, hulle maar gereed kan maak vir 'n besnoeiing in hul kwotas.
“Ons meetsnoer vir indiensneming is die hoeveelheid werksgeleenhede wat deur die toegekende tonnemaat geskep word.
“Instansies wat hulle nie tot genoegsame waardetoevoeging verbind nie en nie meer werksgeleenthede skep nie, nie meer belastings betaal nie, nie verpligtte heffings en gelde vereffen nie en meer plaaslik bestee nie, moet verwag dat hul kwotas oorgedra gaan word aan instansies wat wel aan dié vereistes voldoen.”
Mnr. Esau het afgesluit deur te sê die visbedryf is gesond en is onder goeie bestuur.
Die bedryf skep werk en ondersteun die Namibiese ekonomie doeltreffend sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie