Angola skuld BoN nog bykans N$2,6 miljard
Die sentrale bank van Angola, Banco Naçional de Angola (BNA), het verlede week nog sowat US$51 miljoen – net onder N$660 miljoen teen vandag se wisselkoers – aan die Bank of Namibia (BoN) terugbetaal.
Dit beteken die BNA skuld nog sowat US$200 miljoen (bykans N$2,6 miljard) van die oorspronklike US$426 miljoen wat spruit uit die uitruilooreenkoms tussen die Namibiese dollar en kwanza in 2015. Dit het tot ‘n massa-uitvloei van kwanza uit die buurland gely en druk op Angola se buitelandse reserwes geplaas – vandaar die ooreenkoms om die skuld in paaiemente terug te betaal.
Die visepresident van die BoN, mnr. Ebson Uanguta, het vandag ná ‘n vergadering by Staatshuis gesê die BNA het nog vier paaiemente voor die skuld heeltemal gedelg is: Twee vanjaar en twee vroeg volgende jaar.
Uanguta en die BoN-president, mnr. Ipumbu Shiimi, het die BNA-president, mnr. Valter Filipe da Silva, en sy afvaardiging na Staatshuis vergesel. Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het ook die vergadering met pres. Hage Geingob bygewoon. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie