Angola skuld Air Nam
Ronelle Rademeyer
Die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) het gister met regeringslui in Angola vergader oor die sowat US$500 miljoen wat aan verskillende internasionale en plaaslike lugrederye verskuldig is.
Air Namibia is saam met South African Airways, Lufthansa, Air France-KLM, Emirates, Ethiopian Airlines en Brussels Airlines van die rederye wat nie die inkomste wat hulle in dié land verdien het, kan kry nie.
Die Angolese sentrale bank het die betaling van die geld gestop vanweë dié buurland se tekort aan buitelandse valuta. Dié tekort is weens die skerp daling in die olieprys sowat drie jaar gelede en die daaropvolgende ekonomiese insinking in die land.
'n Woordvoerder van Iata het gister uit Luanda aan Republikein gesê mnr. Alexandre de Juniac, direkteur-generaal en uitvoerende hoof van dié vereniging, is met 'n hoëvlakafvaardiging in Angola om die kwessie te bespreek.
“Hulle het konstruktiewe gesprekke gevoer met sleutelministeries en die sentrale bank, en dié kwessies bespreek wat internasionale en plaaslike rederye beïnvloed wat in die land sake doen,” sê die woordvoerder.
Iata het aangebied om 'n oplossing te help vind wat Angola se ekonomie sal versterk en lugvervoer na en van die land sal bevorder.
tydsvoorstelle
“Hulle (die Angolese regering en sentrale bank) het Iata gevra om 'n plan met tydsvoorstelle vir die betaling van die geld voor te lê.”
Iata het op sy beurt gevra vir 'n vasgestelde wisselkoers aangesien die waarde van die kwanza (Angola se geldeenheid) so vinnig daal en dit lugrederye se verdienste afwater.
Teen druktyd gister het Air Namibia nog nie terugvoer gegee op 'n skriftelike navraag oor hoeveel van die US$500 miljoen aan hom verskuldig is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie