Angolees, ses Namibiu00ebrs kwes glo swartrenosterbul
Angolees, ses Namibiu00ebrs kwes glo swartrenosterbul

Angolees, ses Namibiërs kwes glo swartrenosterbul

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Een Angolese en ses Namibiese mans is verlede week by Mururani in verband met renosterstropery vasgetrek.

Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is ’n swartrenosterbul gekwes.

“Weens die erge skietwonde moes ‘n veearts ongelukkig die renoster uitsit,” het De Klerk aan Republikein gesê.

Mnre. Gabriel Haoseb en Justu Nguvoka Joseph is op 4 Oktober in hegtenis geneem en die Angolees, mnr. Jose Miguel Arcanjo en Namibiërs mnre. Benedictus Muhako, Di Kumbwe Michael Kayunde, Shiyambi Heinrich Shampapi en Patric Thiremo verlede Donderdag.

Beslg is op ’n voertuig, jaggeweer en 17 patrone gelê.

Altesaam 14 verdagtes van wildmisdaad is vanaf 5 tot 11 Oktober in hegtenis geneem en twee nuwe sake is aanhangig gemaak.

Beslag is ook op nóg ’n voertuig gelê toe drie Namibiese mans, mnre. Rasora Kuhanga, Tomas Amukugo en Salom Shindove, glo met ’n ietermagôkarkas in hul besit in Windhoek vasgetrek is.

-[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!