Angolees sterf maand nu00e1 skare hom aanrand
Angolees sterf maand nu00e1 skare hom aanrand

Angolees sterf maand ná skare hom aanrand

Verskeie slagoffers is ernstig beseer ná misdaad wat geweld behels.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



'n Angolese burger het Maan­dagaand in 'n hospitaal op Oshakati gesterf, nadat hy op 20 April glo 'n selfoon gesteel en deur 'n skare mense aangerand is.

Die Angolees, mnr. Fillemon Petrus, wat 'n rits hangende sake teen hom op dié Noordedorp het, het glo op 20 April omstreeks 21:00 'n vrou se selfoon in die Oneshila-lokasie gegryp, volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag.

Die vrou het om hulp geskree en 'n skare mense het die Angolees aangerand tot die polisie hom te hulp gekom het.

Die vrou se selfoon is aan haar teruggegee, maar niemand is in verband met die aanranding in hegtenis geneem nie.

Petrus is in die hospitaal op Oshakati opgeneem waar hy tot sy dood was. Die klag van aanranding is na 'n klag van moord verander.

In nog 'n aanrandingsaak op Ondangwa is die bejaarde mnr. Gert Andries Jacobus Kok (70) Dinsdag omstreeks 21:00 by Road Hart Promises ernstig beseer nadat sy 48-jarige medewerker hom glo met 'n panga aangeval het.

Kok het ernstige beserings aan sy voorkop, linkerarm en rug opgedoen.

Die verdagte is in hegtenis geneem en bly in aanhouding.



SKIETERY TYDENS HUISBRAAK

Nóg 'n man (29) is ernstig beseer na 'n huisbraak in die Mondesa-woonbuurt op Swakopmund toe hy deur 'n vermeende inbreker geskiet is.

Die voorval het Dinsdag omstreeks 03:00 plaasgevind toe 'n verdagte by die slagoffer se woonstel deur 'n oop venster geklim en verskeie items ter waarde van N$21 000 gesteel het.

“Die man en sy meisie het geslaap toe die verdagte die huis binnegaan en toe hy wou uitgaan, het die man wakker geword en die verdagte gegryp.

“Toe hy met die verdagte in 'n struweling buite die woonstel was, het 'n ander verdagte die man geskiet,” lui die verslag.

Die man het ernstige kopbeserings opgedoen en is in 'n ernstige toestand na die Swakopmund-staatshospitaal gejaag. Hy is op dieselfde dag na die Katutura-staatshospitaal oorgeplaas waar sy toestand as stabiel beskryf word.

Die twee verdagtes het gevlug en is nog op vrye voet. Die polisie is op 'n soektog na hulle en die ondersoek duur voort.

Ook op Ondangwa is 'n klag van poging tot moord aanhangig gemaak nadat mnr. Martin Nekomba (30) Dinsdag omstreeks 00:24 by die Okapya Liner-kroeg in die maag geskiet is.

Nekomba van Ondimande Eheke is glo na 'n stryery oor dobbel deur 'n 24-jarige sekuriteitswag met 'n haelgeweer in die maag geskiet. Nekomba is in die Onandjokwe-hospitaal opgeneem en verkeer in 'n kritieke toestand. Die verdagte is in hegtenis geneem en bly in aanhouding.

'n Gewapende rooftog het Maandag omstreeks 11:15 in die Omumbu-gebied op die pad na Omungwelume plaasgevind. Dit word beweer dat die 64-jarige slagoffer deur drie verdagtes aangeval en van kontant van N$13 500 beroof is. Die verdagtes het in 'n ingevoerde silwer Corolla-voertuig sonder registrasie­merke weggejaag.

Op Tsumeb het vermeende diewe Maandag omstreeks 10:00 kontant van N$16 000 uit 'n voertuig by Pupkewitz Toyota gesteel.

Die geld was glo onder die voertuig se sitplek weggesteek. Ná inligting van 'n ooggetuie, is een verdagte (27) op Otavi vasgetrek en ander verdagtes is steeds op vrye voet.

N$5 000 van die kontant is gevind en daar is beslag gelê op die voertuig, 'n Honda met registrasiemerk B183BABY, wat deur die verdagtes gebruik is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!