Angolese miljarde kom huis toe
Angolese miljarde kom huis toe

Angolese miljarde kom huis toe

Jo-Mare Duddy Booysen
Ál US$390 miljoen wat die Banco Nacional De Angola (BNA) die Bank of Namibia (BoN) skuld, behoort teen die einde van Junie 2018 veilig terug in die kluis van die plaaslike sentrale bank te wees.

Dit is aldus Kazembire Zemburuka, die BoN se adjunkdirekteur van korporatiewe kommunikasie, wat aan Nampa gesê het die twee sentrale banke het op ‘n verkorte terugbetalingstydperk ooreengekom.

Tot dan sal die BNA egter nog US$306 miljoen - meer as N$3,87 miljard teen gister se wisselkoers – moet opdok.

Die totale skuld spruit uit Junie 2015 toe ‘n omskakelingsooreenkoms tussen die twee geldeenhede van krag geword het. Dit het byna onmiddellik tot ‘n massiewe uitvloei van kwanza uit die buurland gelei en druk op Angola se buitelandse reserwes geplaas.

Die betalingskedule tussen die BoN en die BNA moes toe hersien word omdat die Angolese sentrale bank ná die ooreenkoms nie kon byhou met die maandelikse terugkoop van kwanza nie. – Eie berig en Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!