Angolese op soek na hoop in Namibië
Tuyeimo Haidula en Tunohole Mungoba
Sy sit met haar een been uitgestrek terwyl sy haar tien maande oue baba borsvoed, maar daar is nie melk nie.
Me. Rosalia Sakaria (20) is een van die vele Angolese wat na Namibië die afgelope weke gevlug het.
Dit is weens die langdurige droogte in die buurland wat baie jong vroue en mans ontheem is.
Sakaria is saam met haar jonger suster, me. Lenolia David, wat nie weet wat haar ouderdom is nie.
Gister het hulle langs die Epalela-pad met geen geld gesit en gehoop ’n barmhartige Samaritaan gee hulle ’n saamrygeleentheid na Epako. Dit is hul tweede dag sonder kos ná hul laaste ete Saterdagaand.
Hulle praat ’n vreemde taal en ’n verbyganger, mnr. Immanuel Tjitenda (79), tolk. Hulle het al die pad van die Oncocua-nedersetting in Angola gekom.
“Of ons het daar gebly en doodgegaan, óf gevlug en die kans gestaan om hoop te vind. Hongersnood was die hoofrede waarom ons weggegaan het,” het Sakaria vertel.
Sy vee die sweet van haar gesig af en skuif aan haar baba se pienk kombers wat op haar skoot lê.
Die babameisie is in ’n ou, verslete lap geklee.
Sakaria vertel sy moes haar twee jaar oue babaseun tuis by haar ma los.
“Dit was nie ’n maklike besluit nie, maar dit moes gedoen word. Hopelik kan ons hier in Namibië iets van ons lewens maak en ons familie by die huis help,” het sy gesê.
Sy is die tweede van vyf kinders en hulle soek ook na groener weivelde buite hul geboorteland.
HANDDOEK INGOOI
Angola se langdurige droogte wat sedert 2012 inwoners raak, beteken dat hulle nie ’n lewensbestaan kan maak nie.
Sakaria het gesê die pa van haar kinders werk by Epako in Namibië as ’n boer. Hy het gevra hulle moet Namibië toe kom sodat hy vir hulle kan sorg. Hulle het Namibië op 7 Maart deur ’n stukkende heining langs die Calueque-grenspos binnegekom.
Sakaria het gesê hulle moes van al hul vee tuis ontslae raak en die twee oorblywende varke teen 300 Angolese kwanza (N$7) elke verkoop. Hierdie geld het sy met haar ma gedeel en die res vir vervoer na Namibië gebruik.
Alhoewel Sakaria nog nooit die binnekant van ’n klaskamer gesien het nie, is sy vol vertroue dat haar ma, pa, ouma en twee jaar oue seun met hul lewens in Angola moet voortgaan. Dit is met die hoop dat sy en haar suster hul voete in Namibië sal vind en vir hulle geld huis toe kan stuur.
Die hoofman van die Omakuwa-nedersetting naby Onesi in die Omusatistreek, mnr. Tenete Shimbashi, speel gasheer by sy huis vir sommige van die vlugtelinge.
“As ’n mens kan jy nie toelaat dat iemand op jou voorstoep doodgaan nie, so die minste wat ons kan doen is om te help deur vir hulle kos te kook,” het Shimbashi gesê.
Hy het gesê die situasie is ernstig en hulle het nie meer opsies om dit te beheer nie.
Shimbashi meen die Angolese regering het daarin gefaal om sy burgers te ondersteun en hulle het geen keuse as om asiel in ander lande te soek nie.
Hy het gesê die Namibiese regering moet die kwessie ondersoek wat die hele land raak, want hierdie mense sluip nou Namibië deur die grensposte van Calueque/Omahenene en Oshikango binne.
“Wat ontstellend vir ons is, is dat tydens die Covid-19-pandemie dra sommige van hierdie mense nie maskers nie. Die virus versprei en mense moet die protokol volg.
NAMIBIë SE REAKSIE
Die goewerneur van Omusati, mnr. Erginus Endajala, het gesê tans is alle Namibiese-Angolese grense gesluit, so die vlugtelinge kom die land op ander maniere binne wat hulle onwettige immigrante maak.
Hy sê volgens hul waarneming is die groot invloei weens die hongersnood in Angola.
“Omdat dit ’n humanitêre kwessie is, laat ons hulle toe om te bly terwyl ons hul land in kennis stel,” en hy het bygevoeg dat die Angolese ambassadeur vanaf gister tot Donderdag die streek sal besoek en met ’n oplossing vorendag sal kom.
Al hierdie Angolese vroue in die Epalela-nedersetting loop met babas op hul rûe rond. Van die skroeiende son van die Noorde stroom sweet van hul gesigte af, maar hulle is vasberade dat dinge beter sal gaan.
- [email protected] en [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie