Anne droom van Afrika
Anne droom van Afrika

Anne droom van Afrika

Tanja Bause
Tanja Bause

Anne Bonfert, ’n gebore Duitser wat in 2015 ’n werksaanbod op Swakopmund aanvaar het, het haar eerste boek vrygestel.

Die boek Mein Traum van Afrika beginnt in Ghana gaan oor haar tyd in Ghana. Anne woon al die afgelope ses jaar in Namibië.

“In 2014 net nadat ek klaar kinderopvoeding gestudeer het, wou ek Afrika toe gaan. Ek het navorsing gedoen en gelees die mense van Ghana beweer hulle is die vriendelikste op aarde. Ek het besluit om soontoe te gaan en dit te beproef,” het sy gesê.

Sy het as vrywilliger in ’n weeshuis begin werk. Sy het egter vinnig agtergekom dit is nie goed vir die kinders nie, omdat die vrywilligers elke paar maande verander en die kinders reeds bande met hulle gebou het. Dus word hulle van vooraf verwerp.

“Ek het na ’n skool in die verre noorde gegaan waar ek die enigste onderwyser was en het skool begin hou. Ek het vir tussen 15 en 25 kinders tussen die ouderdom van drie tot 15 klas gegee. Dit was nie ’n staatskool nie en die ooreenkoms met die ouers was dat hulle net tot 12:00 skoolgaan, want daarna moet hulle werk om geld te verdien. Dit is in die baie arm Noorde en kinders moet van kleins af al geld verdien. Al verkoop hulle net tamaties.”

Anne het elke aand dagboek gehou en dit is hoe die idee vir ’n boek ontstaan het. Sy het ook op haar blog mydreamofafrica.wordpress.com geskryf.

“Die boek is oor my werk en lewe in Ghana. Ek het ’n vliegkaartjie terug huis toe vanaf Kaapstad gehad en ek wou vir twee maande per bus, trein en boot daarnatoe reis. Ek het ook deur Namibië gereis en was op Swakopmund waar ek in die duine sandplank gery het en hulle my ’n werk aangebied het. Ek het dit eers van die hand gewys en later besluit hoekom nie? Ek is jonk, het opleiding waarop ek kan terugval en dit is in elk geval net vir drie maande. Ek het die werk aanvaar en drie maande het in ses jaar verander.”

In die vier jaar op Swakopmund het sy valskerm gaan spring en besluit om daarin ook opleiding te kry. Sy het haar man, David Olivier, leer ken en hulle is getroud.

“Ek en David was vir ’n jaar in Thailand waar ek en hy nog meer ondervinding met valskermspring opgedoen het. Ek het ook begin om ander mense op te lei. Voor die pandemie het ons onder andere in Duitsland, Thailand en Namibië gewoon en valskermspringlesse aangebied, asook tandemspronge met mense gedoen. Soms is ek die kameravrou wat saamspring om alles vir die kliënt op video en foto vas te vang. Valskermspring is seisoenaal in baie lande en ons gaan waar die werk is.”

Anne het ook die klimmuur, een van die eerstes in die land, op Swakopmund opgerig. Sy het ook mense vir rotsklimuitstappies in die Swakoprivier en na Spitzkoppe geneem.

“Dit was bietjie moeilik om die ‘baba’ wat ek opgebou het in iemand anders se hande te los toe ons Thailand toe is, maar ek is bly ek kan sê alles gaan nog voort.”

Anne sê sommige mense sê sy het haar tyd gemors om kinderopvoeding te studeer.

“Alles wat ek daar geleer het, pas ek vandag toe. Of ek nou mense leer om sandplank te ry, ’n rots te klim of valskerm te spring opleiding gee is opleiding gee.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!