Anne Frank se stiefsus pleit
Anne Frank se stiefsus pleit

Anne Frank se stiefsus pleit

Aldi Schoeman - Eva Schloss, stiefsuster van ­Anne Frank, pleit by Euro­peërs om moet saam te werk om vlugtelinge te aanvaar. Schloss (88) was self eens ’n vlugteling weens Nazi-vervolging in die Tweede Wêreld­oorlog. Frank, wat deur die Nazi’s vermoor is, het ná die oorlog bekend geword toe die dagboek wat sy gehou het terwyl sy vir die Nazi’s weggekruip het, gepubliseer is.
“In 1945 het mense gesê nooit weer nie, ons het ons les geleer, en ’n paar jaar lank was dit waar,” sê Schloss. “Maar ongelukkig is die wêreld nou weer teen vlugtelinge. Dit ontstel my.
“Destyds sou ek verkies het om in Oostenryk (haar geboorteland) te bly. My huis en my vriende was daar. Vlugtelinge laat nie hul land agter omdat hulle wíl nie.”
Schloss het Vrydagaand die 18de jaarlikse Vryheidslesing gelewer by die kultuuursentrum De Balie in Amsterdam. In 2016 het 18 171 mense aansoek
gedoen om asiel in Nederland, luidens die webblad van VluchtelingenWerk Nederland. In die hele Europa het sowat 1,2 miljoen mense verlede jaar om asiel aansoek gedoen. ’n Kwart van hulle kom van Sirië. Schloss het in 1938 saam met haar ouers en broer uit Wene gevlug nadat Duitsland Oostenryk ingelyf het. Hulle het in Amsterdam gaan bly, toevallig oorkant die Frank-gesin.
Nadat Nederland binnegeval is, het die Schloss-gesin weggekruip. Omdat haar pa nie vir die hele gesin in een huis wegkruipplek kon kry nie, het sy en haar ma saam weggekruip en haar broer en pa was saam. “My pa het gesê só het ons ook ’n groter kans dat twee van ons sal oorleef.”
Ná twee jaar is hulle egter verraai en na die Auschwitz-konsentrasiekamp, waar Jode vermoor is deur hulle te vergas, gestuur. Op pad na Auschwitz het sy haar pa gesien. “Met trane in sy oë het hy vir ons jammer gesê dat hy vir ons niks meer kon doen nie.” Sy en haar ma, Elfriede, het die oorlog oorleef. Anne se pa, Otto Frank, het ook, maar die res van Elfriede se gesin en die res van Otto se gesin is dood.
Haar ma het ná die oorlog met Otto getrou. Eva sê sonder die hulp van die Nederlanders wat vir hulle gesorg het toe hulle weggekruip het en die Russe wat hulle uit die konsentrasiekamp bevry het, sou hulle nie oorleef het nie. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!