Annerie ontvang ryding
Annerie ontvang ryding

Annerie ontvang ryding

Mej. Namibië Wêreld, Annerie Maré, wat as eerste prinses by Mej. Namibië vroeër vanjaar gekroon is, het ’n Toyota Corolla-sedanvoertuig van Pupkewitz Toyota ontvang.

Volgens me. Conny Maritz, die direkteur van dié skoonheidskompetisie, is dit die eerste keer sedert Pupkewitz Toyota in 1981 met die Mej. Namibië-kompetisie geaffilieer is dat twee voertuie in een jaar aan die wenners geborg word.

Die voertuig is aan Maré geborg om haar projek, Skoonheid met ’n doel, op Kamanjab te voltooi voor sy op 17 Desember na Puerto Rico vertrek om aan die Mej. Wêreld-kompetisie deel te neem. Foto Jeanette Diergaardt

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer