Antanov met 'humanitu00eare voorrade' op pad na Namibiu00eb
Antanov met 'humanitu00eare voorrade' op pad na Namibiu00eb

Antanov met 'humanitêre voorrade' op pad na Namibië

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - ‘n Vragvliegtuig styg glo oor sowat ‘n uur van die Halle-lughawe by Leipzig in Duitsland op om mediese voorrade na Namibië te bring.
Die volgende kennisgewing is vroegoggend deur ‘n goedgeplaaste bron in lugvaartkringe aan Republikein gestuur:
“Die wêreld se grootste vliegtuig, die Antonov AN-225, het gister omstreeks 17:45 by die Halle-lughawe in Leipzig geland. Die vliegtuig neem mediese voorrade aan boord. PortGround, 'n filiaal van Mitteldeutsche Flughafen AG wat spesialiseer in vliegtuig- en vraghantering, sal die vrag saam met die Duitse weermag inlaai.
“Volgens die jongste inligting sal die vliegtuig op Woensdag 7 Julie om 11:00 na Namibië vertrek. Tot dan kan dié reus by hierdie lughawe gesien word.”
Intussen het mnr. Nico Scholtz, inspekteur vir vlugbedrywighede by die Namibië Burgerlugvaartagentskap (NCAA), bevestig dat hy ‘n buitelandse operateurspermit (FOP) uitgereik het aan ‘n Antanov AN-225 “met humanitêre voorrade aan boord”. Dit magtig die vliegtuig om in Namibië te land. Daarvolgens word dit Donderdag in Namibië verwag.
Hy sê dit is nie bekend of die vragvliegtuig ander lande onderweg hierheen sal aandoen nie.
'n Woordvoerder van die Duitse ambassade het by navraag versoek dat vrae hieroor per e-pos aan die ambassade se media-afdeling gestuur word.

Foto: Verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!