Anti-Semitisme in Amerika neem toe
Anti-Semitisme in Amerika neem toe

Anti-Semitisme in Amerika neem toe

Menseregtegroepe is bekommerd oor 'n toename in haatmisdade teenoor Joodse Amerikaners.­
Estelle de Bruyn
Organisasies wat haatgroepe en -misdade dophou, glo Donald Trump se verkiesing tot Amerika se president het die opkoms van anti-Semitisme hier aangemoedig.

Menseregte-aktiviste en -organisasies is daarvan oortuig dat sy oorwinning die aanvaarding van “alternatiewe regses” meegebring het.

Dié groep ondersteun rassisme, wit nasionalisme,­ populisme en ook anti-Semitisme.

Die afgelope maande was daar in Amerika berigte van anti-Semitiese voorvalle.

Mense het byvoorbeeld pro-Hitler slagspreuke vir 'n rabbi in 'n straat in Providence, Rhode Island geskree, swastikas is op moltreinwaens in New York geverf, en Joodse geboue in verskeie stede het bomdreigemente ontvang.

Die Southern Poverty Law Center, 'n niewinsgewende groep wat haatgroepe­ en ekstremiste moniteer, het verlede week berig dat die getal haatgroepe wat aktief in Amerika is van 892 in 2015 tot 917 verlede jaar gestyg het - dis net 'n bietjie minder as die 1 018 haatgroepe in 2011.

Die organisasie sê daar was 1 094 vooroordeel-verwante voorvalle in die maand ná Trump se verkiesingsoorwinning in November, insluitende 33 teen Jode, 108 waarby swastikas betrokke was en 47 wit nasionalistiese voorvalle.

Volgens die New York-polisie is daar teen Sondag 31 haatmisdade teenoor Jode vanjaar aangemeld. Dis meer as dubbel in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar.

Maandag is ongeveer 200 grafstene in 'n Joodse begraafplaas in 'n voorstad van St. Louis gevandaliseer. Niemand is nog vir skade aan die Chesed Shel Emeth-begraafplaas in University City, Missouri,­ in hegtenis geneem nie.

Tot Dinsdag het Trump hom glad nie uitgelaat oor dié voorvalle nie - iets wat die wenkbroue laat lig.

- Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!