Antie Nora teer onthou
Huldeblyke het gister vir die ontslape politieke reus me. Nora Schimming-Chase ingestroom.
Denver Kisting - Toe die 77-jarige politieke vuurvreter me. Nora Schimming-Chase gisteroggend om 02:32 sterf, was sy deur haar hartsmense omring.
Haar twee dogters, advokaat Esi Schimming-Chase en me. Afra Schimming-Chase, en haar enigste kleinkind, Neo (14), het by haar sterfbed gewaak.
Neo is Afra se seun.
Esi, Afra en Kweku, hul broer, is gister wees gelaat nadat hul pa, dr. William McDonald Chase (84), minder as drie maande gelede op 21 Desember 2017 oorlede is.
Afra het gister aan Republikein gesê 'n longinfeksie het uiteindelik haar ma se lewe geëis.
“Dit was net een infeksie té veel.”
Sy sê omdat haar ma in vrede heengegaan het, was hulle ook gereed om haar te laat gaan ondanks hul hartseer.
“Sy het 'n vol lewe gelei en het nie daarvan gehou dat sy (teen die einde) aan 'n bed vasgekluister was en niks vir haarself kon doen nie.”
Huldeblyke het kort nadat die nuus oor die dood van dié boorling van die Ou Lokasie bekend geword het, van oral ingestroom.
Verskeie politici, diplomate, regeringsamptenare en vriende en familie het ook op die gesinswoning in Windhoek se Herzingerstraat in Klein Windhoek toegesak om hulde aan dié bevrydingstrydheldin te bring.
President Hage Geingob het gister by monde van sy woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, gesê Schimming-Chase was 'n leier wat ook gedien het.
Mnr. McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), sê: “Ons onthou haar politieke vernuf as ongeëwenaar in die eerste generasie vroue van ons republiek.
“Sy was so skerp soos 'n lemmetjie. Sy het met lewensmoed en deursettingsvermoë vir 'n veelparty demokrasie geveg.”
Me. Joyce Mends-Cole, 'n voormalige UNHCR-verteenwoordiger, sê sy het die ontslape aktivis se dapperheid, skerp intellek en haar liefde vir haar familie en Namibië bewonder.
Hulle het mekaar in 1984 in Holland ontmoet toe hulle albei aan 'n twee maande lange slypskool oor die regte, veral menseregte, en ontwikkeling deelgeneem het. Die twee ystervroue het dié vriendskap in 2006 hervat toe Mends-Cole Namibië toe gestuur is.
Die Congress of Democrats (CoD), eens Schimming-Chase se politieke tuiste nadat sy Swapo verlaat het, se waarnemende president, mnr. Vaino Amuthenu, sê hulle onthou haar as 'n beginselvaste kampvegter van die Grondwet.
Volgens ambassadeur Tuliameni Kalomoh was Schimming-Chase 'n raakvatdiplomaat wat 'n mentor was vir jonger diplomate.
“Een van haar bepalende kenmerke was ook haar liefde vir haar land. Met ander woorde, sy was 'n patriot. Daarnaas was sy bekend vir haar skerp intellek en derdens was sy 'n vername diplomaat.”
Mylpale
Schimming-Chase was tussen 1992 tot 1996 die Namibiese ambassadeur in Duitsland.
Sy het in 1961 'n onderwysdiploma aan Universiteit Kaapstad, Suid-Afrika, verwerf en vyf jaar later, in 1966, vang sy graad aan die Vrye Universiteit van Berlyn in Duitsland in politieke wetenskap, Engelse taalleer (linguistiek) en Afrika-letterkunde.
In 1968 het sy 'n magisterprogram voltooi en is tot doktorale studie toegelaat.
Hoewel Engels haar moedertaal was, was sy vlot in geskrewe en gesproke Duits, Afrikaans, Damara/Nama, Otjiherero en kon ook redelik haar vrou in Frans staan.
Sy het ook in drie flieks verskyn – op Duitse televisie in 1984, in 'n BBC dokumentêr, Third Eye, en in The Supreme Law oor die Namibiese grondwet.
Schimming-Chase het ook tot verskeie publikasies bygedra.
Naas haar kinders en kleinseun word sy deur haar suster, me. Ottilie Abrahams (80), oorleef.
Laaste onderhoud
In haar laaste amptelike media-onderhoud op die vooraand van haar 76ste verjaardag laat in 2016 het Schimming-Chase gesê sy bly 'n trotse Namibiër.
Sy was tydens dié gesprek op haar stoep op haar stukke en het geskerts dat die rolstoel nie sigbaar moet wees op die foto nie, “want ek is 'n besige vrou wat nie tyd het vir kuiergaste wat my bejammer nie”.
Hengari het gistermiddag gesê hy kon nog nie 'n aanduiding gee of Schimming-Chase 'n staatsbegrafnis gaan kry nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie