Antie Tillie Abrahams oorlede
Me. Ottilie Abrahams, 'n geliefde aktivis en opvoeder, het gister in Windhoek gesterf.
Denver Kisting
Die swaargewigaktivis, politikus en veteraanonderwyser me. Ottilie Abrahams is gisteroggend op 80-jarige ouderdom in 'n hospitaal in die hoofstad dood.
Haar susterskind, me. Afra Schimming-Chase, het gister Antie Tillie, soos sy alombekend was, se heengaan bevestig. “Sy het ons om twintig oor ses vanoggend (Sondag) verlaat.”
Schimming-Chase se ma, die vuurvreterpolitikus me. Nora Schimming-Chase (77), is in Maart vanjaar oorlede.
Afra het gister gesê daar was géén twyfel oor haar tannie se doel op aarde nie. “Sy was 'n beginselvaste en sterk mens. Sy het geweet hoekom sy hier was en nou is haar werk voltooi.”
Wat sy die meeste van haar tannie gekoester het, was hoe onselfsugtig sy haar tot diens van die land gestel het, het Afra gesê.
Mnr. Herbert Schultz, 'n kollega van Abrahams aan die Jacob Morenga-skool, waarvan sy die stigter was, het gister gesê Abrahams het die skoolleuse “Opvoeding vir almal” gelééf. “Sy was baie, baie beginselvas en het nóóit 'n kind weggewys nie.”
Volgens hom word kinders wat nie eens by 'n regeringskool 'n heenkome sou vind nie, by hulle verwelkom. Hulle sien veral nie neer op 'n skolier se ouderdom nie, sê hy. “Toe ek sowat tien jaar gelede by die skool aangesluit het, was daar 'n gr.10-leerling wat 32 jaar oud was. Dít was Ottilie Abrahams.” Schultz het gister gesê Abrahams was 'n bittereinder wat nog tot 'n paar weke gelede haar kant gebring het by die skool hoewel sy toe reeds erg ongesteld was. “Ons moes haar uiteindelik soort van van die skool af verjaag,” het hy teer gesê.
Me. Michaela Hübschle, 'n oudadjunkminister, het gister in 'n inskrywing op Facebook oor Abrahams gesê: “Een van ons uitsonderlike opvoeders en 'n vrou van inbors het ons vroeg vanoggend verlaat om by haar susters, man, ouers en voorvaders aan te sluit.”
Abrahams was 'n weduwee sedert haar man, die mediese dokter en bevrydingskampvegter dr. Kenneth Abrahams, verlede jaar oorlede is.
Sy word naas ander naasbestaandes deur drie kinders oorleef - Kenneth, Rudi en Yvette.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie