Antivirus-programmatuur van Russiese bande verdink
Die regering in Nederland gaan nie meer gebruik maak van ‘n bekende Russiese maatskappy se rekenaarprogrammatuur teen virusse nie.
Die Nederlandse regering het Maandag gesê daar is besluit om as “voorsorgmaatreël” nie meer gebruik te maak van die anti-virusprogrammatuur Kaspersky nie.
Die regering raai ook enige maatskappy wat vir die beskerming van gebruikers se inligting verantwoordelik is aan om dieselfde te doen.
In ’n brief aan die parlement skryf die minister van justisie, Ferdinand Grapperhaus, die besluit is geneem omdat die Russiese regering ’n “aanstootlike kuberprogram het wat onder meer Nederlandse belange teiken”.
Kaspersky se anti-virusprogrammatuur word deur Kaspersky Labs, ’n Russiese maatskappy, vervaardig.
Grapperhaus het bygevoeg dat Kaspersky derhalwe onderworpe is aan Russiese wette wat hom kan verplig om aan Russiese staatsbelange te voldoen.
Die besluit is die jongste terugslag vir Kaspersky, wie se stigter, Eugene Kaspersky, herhaaldelik ontken het dat die maatskappy enige samewerking aan Russiese intelligensiedienste gee.
Kaspersky Labs kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Die Nederlanders se besluit volg op ’n vroeëre besluit in 2017 deur die Amerikaanse departement van binnelandse veiligheid om ook nie meer Kaspersky-sagteware te gebruik nie.
Brittanje se nasionale sentrum vir kuberveiligheid het vroeër ook ’n waarskuwing uitgereik aan organisasies en agentskappe om nie Russiese anti-virusprogrammatuur te gebruik nie aangesien dié programme moontlik geklassifiseerde inligting aan die Kremlin kan uitlek.
Twitter het Kaspersky Labs ook in April verbied om op die platform te adverteer en het na die beweerde bande tussen die maatskappy en Russiese intelligensie verwys.
“Die Nederlandse regering het ’n onafhanklike ondersoek gedoen en op daardie grondslag ’n weldeurdagte besluit geneem,” het Grapperhaus gesê. “Hoewel daar nog geen konkrete gevalle van misbruik was nie, kan dit nie uitgesluit word nie.”
Grapperhaus het bygevoeg dat die regering bereid sal wees om sy besluit te hersien, “indien omstandighede dit regverdig”. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie