Anton Rupert gou op Richemont se direksie
Nellie Brand-Jonker
Die Suid-Afrikaanse sakeman Johann Rupert het Vrydagoggend aangekondig sy seun Anton Rupert word as direksielid van die internasionale luuksegoederegroep Richemont benoem.
Aandeelhouers gaan op sy jaarvergadering stem oor nege nuwe direkteure insluitende Anton.
Die Rupert-familie besit die grootste belang in Richemont en beheer die maatskappy.
Johann Rupert is die voorsitter.
Die nuwe direkteure sluit in Nicolas Bos, Burkhart Grund, Georges Kern en Jérôme Lambert as uitvoerende direkteure.
Die nie-uitvoerende direkteure is Clay Brendish, Nikesh Arora, Anton, dr. Keyu Jin en dr. Vesna Nevesticasook.
Verskeie direkteure gaan nie vir die herverkiesing op die jaarvergadering in September staan nie. Hulle sluit in Yves-André Istel, Bernard Fornas, Richard Lepeu, Simon Murray, Norbert Platt, Robin Renwick en prof. Jürgen Schrempp.
Rupert sê die wysheid en kennis van die senior uitvoerende en nie-uitvoerende direkteure sal nie vir Richemont verlore wees nie, want hulle sal voortgaan om die direksie advies te gee.
“Anton Rupert se voorgestelde aanstelling op die direksie sal verdere insig gee in die veranderende verbruikersgedrag van ons teikenmarkte, veral in die dele van digitale bemarking en webgegronde handel.
“Anton het die afgelope agt jaar omvattende blootstelling aan al die groep se sake gehad.”
Richemont het sy jaarresultate vir die jaar tot einde Maart bekend gemaak. Rupert het oor die vooruitsig gemaan dat wisselvalligheid en onsekerheid in die wêreldpolitieke en handelsomgewing gaan voortduur.
“Ons is daarop gefokus om die groep se oorgang in 'n omgewing van meer volhoubare groei te bewerkstellig en om ons produkaanbod, kommunikasie en verspreiding by nuwe verbruikerspatrone aan te pas. Die hulpbronne word hoofsaaklik aan navorsing en innovering, digitale bemarking, aanlyn verkoopsplatforms en opleiding in al ons produkhuise toegewys.
“Richemont het 'n sterk kontantvloei en 'n sterk balansstaat wat ons in staat stel om op waardeskepping vir aandeelhouers te fokus.”
Sy verkope het met 4% tot €10,6 miljard gedaal. Die groep se bedryfswins het met 14% gedaal.
OUPA HET SAKERYK BEGIN
Die maatskappy het sy ontstaan gehad uit die sakeryk wat deur dr. Anton Rupert, Johann se pa en Anton se oupa, opgebou is.
Richemont is in 1988 geskep toe die internasionale bates van die Rembrandt-groep (wat nou as Remgro bekend staan) ontbondel is.
Die Rembrandt-groep is in die 1940's deur dr. Rupert gestig en het wesenlike belange in tabak, die finansiële dienste, die drankbedryf, goud en diamantmyne, asook luuksegoedere gehou.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie