Antwoorde nodig oor entstowwe
Antwoorde nodig oor entstowwe

Antwoorde nodig oor entstowwe

Dani Booysen
Gesondheidsowerhede het reeds verskeie kere die teikendatums verskuif wanneer die eerste entstowwe teen Covid-19 in Namibië sal arriveer.

Teen gister het net papierwerk glo nog die versending van 108 000 dosisse AstraZeneca teruggehou.

Om goeie rede het baie Namibiërs ‘n sien-is-glo-houding aangeleer. Wanneer taks nie by beloftes en tye vir optrede gehou word nie, gebeur dit.

Ons leiers moet slimmer wees as om bloot die soetkoek wat oorsese amptenare aan hulle probeer voer net so aan inwoners te verkoop.

Selfs ietwat swakker beskerming is beter as geen beskerming. Daarom is dit goed dat Namibië nie die beker van AstraZeneca wegwys nie.

Die noue kontak tussen ons twee lande maak dit logies dat die Suid-Afrikaanse variant lankal hier is. ‘n Aanwesigheid van 20% in bevestigde gevalle is beduidend, maar onbewese horries oor variante is onnodig. Alle virusse verander met tyd.

Die afgelope twee weke wys Namibië boonop dat hy opnuut die virus onder beheer begin kry het ondanks uitbrekings by skole en ander instellings.

Genoeg en verskeie skietgoed is nodig in enige oorlog, maar geen skuiwergate mag gebruik word om onbeproefde entstowwe in ons land toe te laat nie.

Om ‘n verskil te maak vóór die winter en/of ‘n derde golf (hulle gaan nie noodwendig saam opdaag nie), is dit noodsaaklik om so gou moontlik met die inenting van risikogroepe te begin.

Die plaaslike private sektor staan reg om te help en die regering durf nie die begin en die uitbreiding van inenting vir politieke gewin te vertraag nie.

So sê ander

9 Maart 2021

Harry and Meghan: heavy is the head that wears the crown

Of royalty, Walter Bagehot wrote in The English Constitution, “we must not let in daylight upon the magic”.

To preserve the charm and mystery of the monarchy required its workings to be shielded from the public.

In lifting the veil, Prince Harry has spoken of a dysfunctional palace, where more than a whiff of racism lurked and suicidal anguish was dismissed. These charges cannot be treated lightly.

The monarchy’s soft power rests upon the great social – and political – pressure not to embarrass the Queen.

Prince Harry has broken this rule, and he seems to care little that he has done so. Like his mother, Diana, Princess of Wales, he outmanoeuvred the palace because he was willing to bare his soul in public.

Yet l’affaire Sussex is more than about money.

The Sussexes have vividly dramatised the real challenge of staying out of politics for the monarchy. A grouse-shooting, landowning ruling caste is likely to support certain political ideas, but to ensure its popularity it remains silent on the big issues.

Whether a hereditary head of state is required today ought to be considered in a programme of reform that the British state clearly – and urgently – needs.

• THE GUARDIAN

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!