'Apartheid met entstof' laat Geingob teleurgesteld
Teen 2,7% is die sterftekoers in Afrika as gevolg van Covid-19 nou hoër as die globale koers van 2,2%.
Henriette Lamprecht – Sou die verskaffing van entstowwe teen Covid-19 aan Afrika nie onmiddellik verhoog word nie, gaan die vasteland se gesondheidswerkers totaal oorweldig word.
Tans dra gesondheidswerkers die grootste las van die pandemie en is 3,5% van Covid-19-gevalle in Afrika gesondheidswerkers.
In 'n verklaring onder die vaandel “Hoekom entstowwe in Afrika 'n kwessie van maatskaplike sekuriteit is” maan die Mo Ibrahim-stigting dit is baie moontlik dat die vasteland 'n “perfekte broeikas” vir variante kan word.
“As die virus nie orals doeltreffend verslaan word nie, sal dit voortgaan om te versprei en te muteer. Om gelyke en gebalanseerde toegang tot entstowwe te verseker, is nie net 'n kwessie van geregtigheid nie, nog minder liefdadigheid. Dit is 'n kwessie van globale veiligheid en daarom van gedeelde belang,” lui die verklaring.
Dit sê voorts onmiddellike en verenigde pogings is nodig om die uitdaging te takel.
“Ons moet entstowwe vinniger na Afrika kry, bykomende finansiële hulpbronne ontsluit vir die lande wat dit die meeste nodig het en die kapasiteit vir openbare gesondheid en die vervaardiging van entstowwe in die lang termyn bou.”
Ook is 'n duidelike en veilige “land-vir-land Covax-afleweringskedule vir Afrika” vir die tweede kwartaal van die jaar noodsaaklik.
Met 'n bevolking van meer as 1,3 miljard is Afrika een van die mees onbeskermde en weerlose streke. Dit sal daarom volgens die stigting 'n “fatale fout” wees om te dink die pandemie is hier minder ernstig en “Afrika kan daarom wag”.
Die jongste data dui aan 4,28 miljoen gevalle is op die vasteland aangeteken wat dui op 'n verhoging van 9% binne 'n maand, hoewel dit 'n beduidende onderberaming van die werklike syfer kan wees.
Teen 2,7% is die sterftekoers in Afrika nou hoër as die globale koers van 2,2%. Met verwysing na die beskikbaarheid van entstowwe, sê die verklaring toegang is nie net ver onder die doeltreffendheidsdrumpel van 60% van die bevolking nie, maar beduidend laer as die 20% wat deur Covax beloof is.
Teen 15 Maart is net 23,6 miljoen entstowwe in Afrika versprei, genoeg vir sowat 1,7% van die vasteland se bevolking. Dit is skaars 0,5% van die huidige globale entstofverspreiding, terwyl die vasteland meer as 17% van die wêreldbevolking verteenwoordig.
Covax het 16 miljoen dosisse aan 28 Afrikalande verskaf, met 16 lande wat afhanklik van skenkings en bilaterale ooreenkomste is. Tien lande is totaal buite enige verskaffingstelsel.
Volgens die stigting sal 'n onmiddellike oplossing wees vir ryker lande om 'n deel van hul entstofvoorrade met minder gevorderde lande te deel.
“Om eenvoudig oorskotte weg te gee, is ver van genoeg.”
Intussen het president Hage Geingob sy teleurstelling uitgespreek in die manier waarop entstowwe in Afrika teen Covid-19 versprei word. Volgens hom dui dit op 'n tipe van “entstof-apartheid”. Geingob het ter viering van Wêreldgesondheidsdag gesê Namibië is een van die lande wat vroeg vir die entstowwe betaal het, maar die land het dit nog steeds nie ontvang nie.
“Ons moes op Covid-19-entstowwe van vriende soos Indië en China staatmaak,” het Geingob gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie