APP: Shixwameni se dood was nalatig
Die All People’s Party (APP) sê in ‘n nuusvrystelling dit is onaanvaarbaar dat daar geen nooddienste op bystand is by die Namibiese parlement nie.
Selfs basiese eerstehulp ontbreek.
Dit volg nadat die party se Nasionale Buro as tweede hoogste besluitnemingsgesag Saterdag op Okahandja ‘n noodvergadering oor die weg vorentoe gehou het ná die party se president, mnr. Ignatius Shixwameni, se tragiese afsterwe op 10 November.
Die party vind dit ook ongelooflik dat reaksie op ‘n noodoproep tot 40 minute kan duur.
Die feit bewys volgens die APP nalatigheid.
Die Speaker van die Nasionale Vergadering moet die land volgens die party dringend inlig hoe die tekortkominge reggestel gaan word.
Die APP het president Hage Geingob bedank dat Shixwameni ‘n staatsbegrafnis ontvang het. Die party is ook dankbaar vir die meelewing van oudpresidente Sam Nujoma en Hifikepunye Pohamba, talle ander leiers en instellings en die hele nasie.
Mnr. Nangolo Shuumbwa sal as tussentydse president van die APP dien, met begrip dat die sentrale komitee nog die besluit moet goedkeur. Hy sal bygestaan word deur mnr. Agapitus Hausiku.
Me. Maria Kamutali, derde op die partylys, sal die APP se vakante setel in die Nasionale Vergadering vul.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie