Appelprojek versag kanker
Bank Windhoek en die Kankervereniging van Namibië (CAN) het met vanjaar se Appels vir Kanker-projek sowat N$3 miljoen ingesamel.
Sedert die projek in 2002 van stapel gestuur is, het die bank onderneem om Namibiërs bewus te maak van kanker. Dié projek is een van die nasionale projekte wat die meeste geldinsamelings aanpak.
“Bank Windhoek bly passievol oor die appelprojek en is baie trots daarop om met die kankervereniging geassosieer te word. Ons sal voortgaan om nuwe maniere te soek om waarde toe te voeg aan die lewens van kankerpasiënte en hul gesinne,” het me. Baronice Hans, besturende direkteur van Bank Windhoek, gesê.
Mnr. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van CAN, het gesê hy is dankbaar teenoor die publiek en vennote van die projek vir hul ondersteuning.
“Hierdeur is ons in staat om positiewe verandering in die lewens van diegene wat deur kanker geraak word, te maak. Deur die projek kon ons weer die voetspoor van die Nasionale Kankeruitreikprogram uitbrei en meer as 5 000 Namibiërs help.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie