Appels mik vir miljoene
Appels mik vir miljoene

Appels mik vir miljoene

Tanja Bause
Tanja Bause - Bank Windhoek se Appelprojek ten bate van die Kankervereniging van Namibië (CAN) het gister vir die 16de jaar amptelik afgeskop.
Verlede jaar het die projek N$2,6 miljoen vir die organisasie ingesamel deur landwyd meer as 600 000 appels te verkoop. In die 16 jaar wat die projek deur Bank Windhoek bestuur word, is al meer as N$14,4 miljoen ingesamel.
“Die sentrum vir siektebeheer skat daar is wêreldwyd sowat 14 miljoen mense wat vanjaar met kanker gediagnoseer sal word,” het mnr. Rolf Hansen van CAN gesê.
Volgens Hansen sterf meer mense in Namibië aan kanker as wat aan TB, vigs en malaria saam sterf. In 2014 is 3 145 nuwe kankergevalle in Namibië aangemeld.
“By die projek gaan dit nie oor groot of klein nie. Jy kan 1 000 appels koop of een. Selfs een appel sal ’n verskil in iemand se lewe maak,” het mnr. Christo de Vries, besturende direkteur van Bank Windhoek gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!