Appu00e8l dien teen SME Bank se likwidasie
Appu00e8l dien teen SME Bank se likwidasie

Appèl dien teen SME Bank se likwidasie

Die Zimbabwiese aandeelhouers sê ander opsies moes oorweeg gewees het eerder as om die “instrument vir opheffing” te sluit.
Catherine Sasman
font face="Verdana" >



Catherine Sasman – Die Zimbabwiese Metropolitan Bank en World Eagle Properties (Pty) Ltd het gister in die hooggeregshof gevra dat die hoërhofbevel ingevolge waarvan die bankrot SME Bank finaal gelikwideer is, hersien en ter syde gestel word.

Dié twee instansies voer aan daar was 'n “opeenhopende uitwerking” van onreëlmatighede, nienakoming en misbruik van prosedures en regulasies deur die Bank of Namibia (BoN) in die proses om die SME Bank onder finale likwidasie te plaas.

Adv. Anthony Bishop en mnr. Sisa Namandje, vir MetBank en World Eagle, het aangevoer bepalings van die wet op bankinstellings, asook sekere bepalings van die maatskappyewet is nie deur die BoN toegepas nie en ook nie reg deur die hoërhof vertolk nie.

Hulle voer aan die BoN het die werking van dié wette tot 'n posisie hoër as dié van die Namibiese Grondwet verhef, en daardeur versuim om voldoende aandag aan grondwetlike vereistes te gee.

Verder meen hulle die SME Bank se likwidasie kan nie as “gewoon” bestempel word nie, aangesien dié bank tot stand gekom het as ’n “instrument vir die opheffing” van die voorheen benadeeldes en daarna streef om die lewenstandaard van die Namibiese mense te verbeter.

Daarom voer MetBank en World Eagle Properties, minderheidsaandeelhouers van die SME Bank, aan die likwidasiebevel moes nie uitgereik gewees het nie en moet geskrap word.

Hulle voer aan die likwidasie-aansoek moet deur die SME Bank self, deur een of meer van die krediteure of lede, of deur die meester van die hoërhof ingedien word.

Alternatiewelik moes dié bank onder voorlopige geregtelike bestuur geplaas word en die Namibiese regering (wat ’n 65%-aandeelhouding in die bank het) moes verduidelik het waarom 'n bevel vir die herkapitalisering van die bank nie moontlik of lewensvatbaar was nie, sê hulle.

Namandje en Bishop voer aan die maatskappyewet is verskeie kere nie nagekom nie, en dit is verkeerdelik deur die hoërhof verwerp.

Hulle sê verder die aansoek vir die finale likwidasie van die SME Bank is eers by die meester van die hoërhof ingedien voordat dit aan die registrateur van dié hof voorgelê is, wat op nalatigheid dui.

Hulle voer ook aan die likwidateurs, mnre. David Bruni en Ian McLaren, is nie behoorlik aangestel nie en bepalings van die wet op bankinstellings is nie behoorlik nagekom nie.

Hulle voeg by die BoN het versuim om ‘n kundige op die gebied van banksake aan te wys om hulle by te staan, wat beteken die besluite wat deur Bruni en McLaren geneem is, is ongeldig.

Appèlregters Sylvester Mainga, Dave Smuts en Elton Hoff het uitspraak voorbehou.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!