Appu00e8l teen moordvonnis faal in hou00ebrhof
Appu00e8l teen moordvonnis faal in hou00ebrhof

Appèl teen moordvonnis faal in hoërhof

NAMPA
'n Sakeman van Ongwediva wat vir 17 jaar tronk toe gestuur is vir die moord op 'n lid van 'n gemeenskapspolisie­-eenheid, het Maandag 'n terugslag in die hoërhof in Windhoek gehad toe die hof sy appèl teen sy skuldigbevinding en gevangenisstraf van die hand gewys het.

Jackson Panduleni Absalom (30) is op 30 September 2016 deur landdros Sarel Jacobs in die streekhof in Windhoek gevonnis vir die moord op Tobias Abisai, 'n lid van die Khomas-netwerk Mans en Vroue teen Misdaad.

Absalom het Abisai op 19 Februarie 2013 by 'n winkelsentrum langs Ondotostraat in Katutura se Okuryangava-woonbuurt geskiet. Hy het 'n paar dae later gesterf.

Absalom se appèl is Maandag deur hoërhofregters Christie Liebenberg en Nate Ndauendapo van die hand gewys.

As gevolg van die mislukte appèl sal Absalom nou sy volle vonnis moet uitdien.

Absalom se regsverteenwoordiger, advokaat Gerson Hinda, wou hê die hoërhof moes die getuienis van 'n aantal staats­getuies oor die noodlottige skoot hersien.

Hinda het gesê sy kliënt het die slagoffer per ongeluk raak­geskiet terwyl hy uit selfverdediging opgetree het vanweë aanvalle op hom. Staatsadvokaat Henry Muhongo het op sy beurt gesê daar was geen mistasting deur die streekhof se landdros nie en het die hof versoek om die appèl van die hand te wys.

Absalom is op 21 September 2016 skuldig bevind aan moord nadat die hof sy verduideliking dat hy uit selfverdediging opgetree het toe hy op die 33-jarige Abisai geskiet het, verwerp het.

Hy is aanvanklik saam met twee ander mans in hegtenis geneem, maar hulle is vrygelaat aangesien die polisie hulle nie met die moord kon verbind nie.

Dié drie het probeer om 'n sekuriteitswag, wat in besit van verskeie kliënte van die winkelsentrum se geld was, te beroof.

Toe die drie mans se roofpoging misluk, het Absalom skote in die lug afgevuur en Abisai, wat die winkelsentrum gepatrolleer het, gewond. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer