Appèl van onwettige besetters verval
Die hoërhofbevel wat bepaal het plakkers moet uit die Na‡aJaqna-bewaringsgebied trek, is steeds van krag.
Catherine Sasman
'n Appèl wat verlede jaar deur 11 onwettige besetters in Tsumkwe-Wes by die hooggeregshof ingedien is, het verval omdat die appellante nie vereistes van die hof nagekom het nie.
Die hooggeregshof het die appellante op 28 Desember hiervan in kennis gestel.
Die direkteur van die Regshulpsentrum (LAC), me. Toni Hancox, het gesê hierdie verwikkeling beteken die hoërhofbevel van 18 Augustus is dus steeds van krag en dat die besetters met heinings en kudde uit die omgewing moet trek.
Die hoërhof het toe 22 van die beweerde 32 onwettige plakkers 60 dae gegee om die gebied te ontruim. Hierdie tydperk het reeds in die middel van November verval en enige uitsettings is deur die appèlaansoek by die hooggeregshof verhinder.
Met die appèl wat nou nie meer deur die hooggeregshof aangehoor gaan word nie, moet die Otjozondjupa kommunale grondraad asook die ministerie van grondhervorming toesien dat die onwettige besetters trek.
Volgens 'n bron op Omatako in die bewaringsgebied van Na‡aJaqna het nog nie een van die afgesette plakkers teen gister getrek nie.
Die bron het gesê die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, het Maandag met die leierskap van die !Kung tradisionele owerheid op Omatako vergader. Dit is nie duidelik wat by die vergadering bespreek of besluit is nie.
Teen druktyd gister het die ministerie nog nie terugvoering gegee oor stappe wat teen die besetters gedoen is of gedoen gaan word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie