Apple, Amazon ontken Chinese spioenasie
Die doel van die infiltrasie is glo om waardevolle handelsgeheime van maatskappye en regeringsagentskappe te bekom.
Apple en Amazon ontken berigte van Bloomberg dat geheime rekenaarskyfies wat Chinese spioene geplant het, hul stelsels besmet het.
Bloomberg het Donderdag 17 anonieme bronne aangehaal wat sê die Chinese weermag het op dié manier toegang tot die netwerke van minstens 30 maatskappye en verskeie Amerikaanse regeringsagentskappe verkry.
Luidens die berig is die doel van die infiltrasie om waardevolle handelsgeheime van die maatskappye en die regeringsagentskappe te bekom.
“Ons het geen bewyse gevind van skyfies of ander aanpassings wat met kwade bedoelings in ons hardeware aangebring is nie,” sê Amazon in ’n verklaring.
Apple ontken ook “feitlik elke aspek” van die Bloomberg-berig.
“Apple het nog nooit kwaadwillige rekenaarskyfies, manipulasie van hardeware of swakplekke in sy bedieners gevind nie.”
Bloomberg het berig die skyfies is geplant deur ’n eenheid van die Chinese weermag wat die tegnologiemaatskappy Super Micro geïnfiltreer het.
Super Micro is ’n Amerikaanse tegnologievervaardiger wat rekenaarbedieners bou. Hy het fabrieke in Nederland en Taiwan. ’n Verteenwoordiger van Super Micro in Nederland kon nie onmiddellik kommentaar lewer nie.
Ander Chinese tegnologiemaatskappye, insluitende Huawei en Lenovo, is al voorheen daarvan beskuldig dat hulle namens die Chinese regering op Amerikaners spioeneer.
Amerika het onder meer die gebruik van Huawei-slimfone op al sy militêre basisse verbied. Huawei ontken ten sterkste die bewerings dat hy op gebruikers spioeneer.
Kundiges waarsku dat gevalle van kuberaanvalle deur China gaan toeneem namate die handelsoorlog tussen Amerika en China vererger. – Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie