Apple miljarde beboet oor gunstige takskoers
Apple moet ’n rekordboete van €13 miljard plus rente betaal nadat die Europese Kommissie bevind het Ierland het die maatskappy se belastingrekening onwettig verminder.
Die wêreld se rykste maatskappy het voordeel getrek uit “selektiewe belastingbehandeling” in Ierland wat aan hom ’n “beduidende voordeel bo ander maatskappye gegee het”, het die Europese Unie (EU) se reguleerder Dinsdag gesê. Dit is die EU se grootste belastingboete in ’n drie jaar lange ondersoek na gunstige ooreenkomste wat EU-lidlande aan maatskappye toegestaan het.
Apple en die Ierse regering is van plan om die boete in die hof te beveg.
“Ierland het onwettige belastingvoordele aan Apple toegestaan, wat hom in staat gestel het om aansienlik minder belasting oor baie jare te betaal as ander ondernemings,” sê Margrethe Vestager, die EU se mededingingskommissaris.
“Hierdie selektiewe behandeling het Apple toegelaat om ’n effektiewe belastingkoers van 1% te betaal op sy Europese winste in 2003. Dit is verminder tot 0,005% in 2014.”
Die EU teiken maatskappye wat belasting vermy deur winste en kostes rond te skuif na waar ook al hulle die beste belastingvoordele kan geniet, wat skuiwergate uitbuit of aan wie spesiale ooreenkomste deur vriendelike regerings toegestaan word.
Dit kan jare duur voordat die saak in die hof afgehandel word, wat beteken dat die finale bedrag wat Apple sal moet betaal nog lank nie bekend sal wees nie.
Ramings van wat Apple uiteindelik sal moet betaal, verskil.
Die maatskappy het wel teen einde Julie €208 miljard in kontant gehad.
Lae maatskappybelasting is die hoeksteen van Ierland se ekonomiese beleid. Sy effektiewe maatskappybelastingkoers van 12,5% is die laagste in Wes-Europa. Dit lok ook maatskappye soos Google en Facebook.
“Dit is ’n belangrike beslissing wat multinasionale maatskappye kan noop om weer te kyk na die implikasies van hul huidige (belasting)strukture,” sê Matt Larson, ’n ontleder van Bloomberg Intelligence.
- Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie